
Telecom vergader oor, onder andere, dienslewering
Loading player...
Telecom Namibia se raad, uitvoerende komitee en bestuur het Maandag begin vergader in 'n driedaagse strategiese sessie. Die fokus is op die hersiening en versterking van die maatskappy se strategiese rigting, die verkenning van nuwe geleenthede en die identifisering van maniere om prestasie en dienslewering te verbeter. Daar was die afgelope weke groot ontwrigting in sy data- en stemdienste wat tot verontwaarding gelei het. Telecom se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, gee meer inligting.

