
Gryslys: Ons hoor in Junie
Loading player...
Nadat Namibië in 2024 op die gryslys geplaas was deur die Finansiële Aksie-taakmag het die land sedertdien 13-fokusareas gehad om te verbeter om van die lys verwyder te word. Die fokusareas het die bekamping van geldwassery en terrorismefinansiering ingesluit. Die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, Bryan Eiseb, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê Namibië behoort teen middel Junie te weet.

