
Dobbelraad se hoof, finansiële beampte geskors
Loading player...
Die Gauteng Dobbelraad se uitvoerende hoof, Karabo Mbele, is met onmiddellike ingang afgedank weens bestuursmislukkings en growwe wangedrag. Dit volg na ʼn forensiese ondersoek na die instelling se bedrywighede. Gauteng se LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Vuyiswa Ramakgopa, het ook die dobbelraad se hoof finansiële beampte, Oscar Maripane, geskors na onthullings van onregmatige verkrygings en mislukte finansiële bestuur. Ramakgopa sê die besluit is nie oorhaastig of weens politieke redes geneem nie:

