
Minister prys skorsing van staatsaanklaer in taxibaas-saak
Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, verwelkom die skorsing van ʼn aanklaer van Mpumalanga, Mkhuseli Ntaba, hangende tugoptrede. Hy het Maandag versuim om op te daag by die Kwaggafonteinse landdroshof, waarna die saak teen die taxi-magnaat, Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni en ander van die rol geskrap is. Hulle het tereggestaan op aanklagte van afpersing en geldwassery. Woordvoerder Palesa Rammitlwa sê ʼn lasbrief is uitgereik vir Ntaba se inhegtenisneming:

