
Wes-Kaap verwag knou aan landbou-ekonomie na storms
Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê hy evalueer tans die beduidende uitwerking van die gure weersomstandighede wat die provinsie verlede week geteister het. 'n Reeks hewige kouefronte het gelei tot wydverspreide oorstromings, infrastruktuurskade en ontwrigting van boerderygemeenskappe wat die lewens van elf mense geëis het. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die gevolge sal na verwagting die provinsie se landbou-ekonomie raak, veral vrugte- en wyn-uitvoer-voorsieningskettings:

