
Meatco, Nafau bereik 2-jaar loonooreenkoms
Loading player...
Meatco en die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, het 'n gesamentlike afsluiting van loononderhandelinge vir die huidige en die 2027/2028 finansiële jare aangekondig. Die partye het 'n tweejaar-loonooreenkoms bereik, vir 'n 5 persent verhoging vanjaar en 'n 6,5 persent verhoging volgende jaar. Toelae word ook verhoog. Willem Absalom, die adjunk-algemene sekretaris van Nafau het die loonooreenkoms uiteengesit.

