
BoN reik skatwissels uit om N$1,5 miljard vir GRN in te samel
Loading player...
Die regering hoop om môre sowat 1,5 miljard Namibiese dollar by die mark te leen deur ‘n veiling van skatwissels wat deur die Bank van Namibië aangebied word. Die termyn van dié skuldbriewe wissel van net meer as drie maande tot net minder as ‘n jaar. Deur die skatwissel van 91 dae hoop die finansministerie om 400 miljoen dollar te leen, terwyl 290 miljoen met die skatwissel van 182 dae geteiken word. Met die wissel van 273 dae, soek die regering 390 miljoen dollar, terwyl 425 miljoen dollar se skuldbriewe met ‘n termyn van 364 dae opgeveil sal word. Kosmos 94.1 Nuus het Romé Mostert, medestigter van Cirrus Capital, gevra hoekom die regering skatwissels moet uitreik:

