
Boko wil Botswana se samewerking met SA verder versterk
Loading player...
Botswana se president Duma Boko sê dis tydig en noodsaaklik dat sy land en Suid-Afrika voortgaan om samewerking in alle sektore te versterk. Hy het gisteraand ʼn staatsbanket aangebied ter ere van president Cyril Ramaphosa wat op ʼn tweedaagse staatsbesoek in Botswana is. Suid-Afrika is Botswana se grootste handelsvennoot en verantwoordelik vir meer as 50-persent van die land se invoere. Boko sê deur beter samewerking kan dié twee lande hulle posisioneer as enjins van streekshervorming en pilare van vooruitgang op die vasteland:

