Ekonoom sê Suid-Afrika ekonomie het terugslag beleef

Loading player...
Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se ekonomie het 'n terugslag beleef nadat die bruto binnelandse produk met 0,2-persent tussen April en Junie gekrimp het. Volgens Parsons het die onlangse wêreldwye energieskok die land se herstel onderbreek, met mynbou en vervaardiging wat groei terughou. Hy verwag die ekonomie sal vanjaar met ongeveer 1,2-persent groei en waarsku swak beleggings, hoë leenkoste en wêreldwye spanning kan ekonomiese groei verder bedreig:
9 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Usakos-kleinsakepark moet tydelike broeikas vir ondernemings wees'

SMEs Compete-stigter Danny Meyer verwelkom die nuwe Usakos-kleinsakepark van 12,65 miljoen Namibiese dollar. Hy sê dat sulke fasiliteite tydelike broeikaste vir ondernemings moet wees, eerder as permanente goedkoop huurpersele. Hy sê dat entrepreneurs hul ondernemings moet kan uitbrei en uiteindelik hul eie persele moet kan koop. Hy maan owerhede ook…
15 Nov 1AM 1 min

BKS: Regering moet inspring, mense ly honger

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het 'n dringende beroep op die regering gedoen om voedselhulpprogramme in landelike gemeenskappe in werking te stel wat deur die bek-en-klouseerkrisis geraak is. Hy waarsku dat talle huishoudings reeds voedseltekorte ervaar weens die langdurige ontwrigting van die veebedryf.
15 Nov 12AM 1 min

Klebsiella-infeksies eis 2 000 babas in SA

Die DA sê byna 80-persent van Klebsiella-infeksies in Johannesburg se akademiese hospitale is bestand teen verskeie antibiotika. Die party sê meer as 6 000 gevalle is vanjaar landswyd aangemeld, insluitend byna 2 000 onder pasgebore babas, terwyl die sterftesyfer onder besmette hospitaalpasiënte meer as 50-persent is. Michele Clarke van die…
14 Nov 11PM 1 min

Kontrak geteken vir nuwe hospitaal in Windhoek

Die beplande Windhoek-distrikshospitaal in Havana is 'n stap nader aan verwesenliking ná die ondertekening van ’n kontrak van 174 miljoen Namibiese dollar, wat deur die Sentrale Verkrygingsraad gefasiliteer is. Die kontrak is toegeken aan Elderwood Trading CC in ’n gesamentlike onderneming met Shangsheng Construction. Die 12-maande-projek sluit grootmaatgrondwerke, ’n waterreservoir,…
14 Nov 6AM 1 min

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min