Meer inligting bekend oor Britse sanksies teen onwettige Israelse nedersettings

Loading player...
Meer inligting is bekend oor Britse sanksies teen onwettige Israelse nedersettings. Brittanje gaan die invoer van goedere van die nedersettings in die besette Wesoewer verbied. Die minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê daar is etniese suiwering van Palestyne in dele van die Wesoewer deur setlaar-"terroriste". Die sanksies sluit ook 'n nuwe verbod op wapenlisensies en persoonlike sanksies teen sleutelpersone in wat daarvan beskuldig word dat hulle setlaargeweld bevorder. Elf lande, insluitend Frankryk, Kanada en Spanje, gaan soortgelyke sanksies instel. Miliband sê Israel se besetting van die Wesoewer is onwettig:
9 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Usakos-kleinsakepark moet tydelike broeikas vir ondernemings wees'

SMEs Compete-stigter Danny Meyer verwelkom die nuwe Usakos-kleinsakepark van 12,65 miljoen Namibiese dollar. Hy sê dat sulke fasiliteite tydelike broeikaste vir ondernemings moet wees, eerder as permanente goedkoop huurpersele. Hy sê dat entrepreneurs hul ondernemings moet kan uitbrei en uiteindelik hul eie persele moet kan koop. Hy maan owerhede ook…
15 Nov 1AM 1 min

BKS: Regering moet inspring, mense ly honger

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het 'n dringende beroep op die regering gedoen om voedselhulpprogramme in landelike gemeenskappe in werking te stel wat deur die bek-en-klouseerkrisis geraak is. Hy waarsku dat talle huishoudings reeds voedseltekorte ervaar weens die langdurige ontwrigting van die veebedryf.
15 Nov 12AM 1 min

Klebsiella-infeksies eis 2 000 babas in SA

Die DA sê byna 80-persent van Klebsiella-infeksies in Johannesburg se akademiese hospitale is bestand teen verskeie antibiotika. Die party sê meer as 6 000 gevalle is vanjaar landswyd aangemeld, insluitend byna 2 000 onder pasgebore babas, terwyl die sterftesyfer onder besmette hospitaalpasiënte meer as 50-persent is. Michele Clarke van die…
14 Nov 11PM 1 min

Kontrak geteken vir nuwe hospitaal in Windhoek

Die beplande Windhoek-distrikshospitaal in Havana is 'n stap nader aan verwesenliking ná die ondertekening van ’n kontrak van 174 miljoen Namibiese dollar, wat deur die Sentrale Verkrygingsraad gefasiliteer is. Die kontrak is toegeken aan Elderwood Trading CC in ’n gesamentlike onderneming met Shangsheng Construction. Die 12-maande-projek sluit grootmaatgrondwerke, ’n waterreservoir,…
14 Nov 6AM 1 min

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min