Baboon City: Stad Whk erken hom nie, weet niks van vergadering nie

Loading player...
Stad Windhoek weier om Baboon City, 'n groeiende informele nedersetting agter Rocky Crest en Pionierspark te erken, en hou vol dat die gebied skoongemaak en na sy oorspronklike toestand herstel moet word. Volgens stadswoordvoerder Lydia Amutenya is die grond deel van 'n stuk wat aan die China Railway Seventh Group Namibia verhuur word en dus is dit die maatskappy se verantwoordelikheid om die plakkers uit te sit. Rondom 800 mense woon reeds tien jaar lank daar. Intussen sê die inwoners hulle wil met die stad vergader maar Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat geen formele versoek vir 'n vergadering ontvang is nie.
11 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Regering moet inspring, mense ly honger

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het 'n dringende beroep op die regering gedoen om voedselhulpprogramme in landelike gemeenskappe in werking te stel wat deur die bek-en-klouseerkrisis geraak is. Hy waarsku dat talle huishoudings reeds voedseltekorte ervaar weens die langdurige ontwrigting van die veebedryf.
15 Nov 12AM 1 min

Klebsiella-infeksies eis 2 000 babas in SA

Die DA sê byna 80-persent van Klebsiella-infeksies in Johannesburg se akademiese hospitale is bestand teen verskeie antibiotika. Die party sê meer as 6 000 gevalle is vanjaar landswyd aangemeld, insluitend byna 2 000 onder pasgebore babas, terwyl die sterftesyfer onder besmette hospitaalpasiënte meer as 50-persent is. Michele Clarke van die…
14 Nov 11PM 1 min

Kontrak geteken vir nuwe hospitaal in Windhoek

Die beplande Windhoek-distrikshospitaal in Havana is 'n stap nader aan verwesenliking ná die ondertekening van ’n kontrak van 174 miljoen Namibiese dollar, wat deur die Sentrale Verkrygingsraad gefasiliteer is. Die kontrak is toegeken aan Elderwood Trading CC in ’n gesamentlike onderneming met Shangsheng Construction. Die 12-maande-projek sluit grootmaatgrondwerke, ’n waterreservoir,…
14 Nov 6AM 1 min

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min