
Aktualiteit: Vuurwapens vir selfverdediging dalk iets van die verlede
Loading player...
Te midde van toenemende kommer oor plaasaanvalle en geweld teen landelike gemeenskappe, is daar nou ook ’n hewige debat oor die voorgestelde wysigings aan Suid-Afrika se Vuurwapenbeheerwet. Civil Society South Africa (CSSA) waarsku dat die regering se plan om selfverdediging as geldige rede vir ’n vuurwapenlisensie te skrap, wetsgehoorsame burgers en veral mense op afgeleë plase meer kwesbaar kan maak. Die organisasie eis onder meer groter deursigtigheid oor die voorgestelde wetgewing en dring aan op dringende optrede om landelike veiligheid te verbeter. Sarina en Tanya gesels met Johannes Stoker van CSSA oor die voorgestelde wysigings, die regering se verantwoordelikheid en die reg op selfverdediging.

