
Nigerië soek nouer samewerking met SA
Loading player...
Nigerië se aangewese hoof van sending in Suid-Afrika, Olufemi Adewumi Fani-Kayode, het sy land se verbintenis tot die versterking van bilaterale betrekkinge herbevestig. Fani-Kayode het sy geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa in Tshwane oorhandig en die twee lande as geskiedkundige vriende en belangrike Afrika-vennote beskryf. Hy sê nouer samewerking tussen Afrika se twee grootste ekonomieë is noodsaaklik vir die vasteland se toekoms. Fani-Kayode het onderneem om gemeenskaplike kwessies aan te pak en diplomatieke en ekonomiese bande tussen Nigerië en Suid-Afrika verder te versterk.

