
#10 Staal Burger en die Kalahari-sandhaaie
Loading player...
Koos is op vakansie in die Kalahari en Staal-hulle by die see. Maar die vakansie moet kortgeknip word as Koos tussen die Kalahari-duine deur boewe gevang word.Wie en wat presies is Staal Burger?Staal Burger is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 26 weke, wat op ʼn hele klompie gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai word te danke aan die borg, AfriForum, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Die borgskap het ons in staat gestel om Staal Burger te laat herleef, natuurlik met ʼn kinkel.Luister gerus Staal Burger op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai en hul uitsaaitye. Andersins kan jy die weeklikse episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en ook inhaal op die eerste klompie episodes wat jy reeds misgeloop het. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.Die rolverdeling is soos volg:Verteller: Martin JansenStaal: André RetiefKoos: Lochner de KockDada: Karin RetiefWillem: André StolzDoedie: Daniélle RetiefVis: Anton DekkerVlees: Andreas JordaanAdvokaat Gerrie Nel: Advokaat Gerrie NelRegisseur: Roelf van JaarsveldSkrywers: Roelf van Jaarsveld, Martin Jansen, André RetiefKlankversorging: André du Toit, WOW-produksiesVervaardiger: André Retief vir Maroela Media

