
#1 Staal Burger weer in fokus
Loading player...
Dis sulke tyd. Staal Burger en sy trawante moet Drakensberge toe, want ʼn slim boef en ʼn dom boef probeer om al die data van die kunsfeeste te steel vir eie gewin en wins.Wie en wat is Staal Burger?Staal Burger is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 26 weke, wat op verskeie gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai word, te danke aan die borg AfriForum, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Die borgskap het ons in staat gestel om Staal Burger te laat herleef, natuurlik met ʼn kinkel.Luister gerus Staal Burger op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na die lys radiostasies en uitsaaitye. Andersins kan jy die weeklikse episode sommer net hier op Maroela Media (elke Maandag) kom luister. Die beste van als? Dis gratis. Want dis wie óns is.Die rolverdeling is soos volg:Verteller: Martin JansenStaal: André RetiefKoos: Lochner de KockDada: Karin RetiefWillem: André StolzDoedie: Daniélle RetiefVis: Anton DekkerVlees: Andreas JordaanAdvokaat Gerrie Nel: Advokaat Gerrie NelRegisseur: Roelf van JaarsveldSkrywers: Roelf van Jaarsveld, Martin Jansen, André RetiefKlankversorging: André du Toit, WOW-produksiesVervaardiger: André Retief vir Maroela Media

