Maroela Media Staal Burger

Staal Burger

Jy onthou waarskynlik die legendariese karakter Staal Burger, wat in die 60’s Afrikaanse radioluisteraars vasgenael voor die draadloos gehou het. Dié karakter is terug in ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal.

Maar daar is ʼn lekker nuwe verrassing in dié nuwe reeks wat in samewerking met Maroela Media vervaardig word: Advokaat Gerrie Nel is die nuwe Afrikaanse superheld wat sy aan sy met Staal Burger teen misdaad en korrupsie veg. Nel speel homself in dié reeks.

Lees meer op Maroela Media by http://spens.co.za/fqb.
Afrikaans Read by Karin Retief, Daniélle Retief, Lochner de Kock, André Stolz, Andreas Jordaan, Advokaat Gerrie Nel, Anton Dekker, André du Toit en Martin JansenSouth Africa Performing Arts · Comedy Narrated by Karin Retief, Daniélle Retief, Lochner de Kock, André Stolz, Andreas Jordaan, Advokaat Gerrie Nel, Anton Dekker, André du Toit en Martin Jansen
26 Episodes
20 – 26

Staal Burger en die klerk van Klerksdorp

Die Suid-Afrikaanse Bond van Onbehulpsame Klerke roep Staal Burger se hulp in, want die twee klerke van Klerksdorp is nog meer onbehulpsaam as gewoonlik.
Season 1 / Episode 21 28 min

Staal Burger en die museum-muiters

Staal Burger is dol oor museums, want jy leer soveel interessanthede oor geskiedenis en die verlede. Maar sy museumbesoek verander al weer in ʼn avontuur as dit blyk dat twee werkers eintlik museum-muiters is …
Season 1 / Episode 22 26 min

Staal Burger op die spoor

Indien julle dalk wonder wat maak Staal en Koos en Willem en Dada en advokaat Gerrie Nel op ʼn trein – hulle ry trein vir ontspanning. Maar, die groot vraag is, is dit enigsins moontlik vir Staal Burger om heeltemal te ontspan? Wel, luister en vind uit …
Season 1 / Episode 23 28 min

Staal Burger en die dun blou lyn

Dié week raak Staal baie deurmekaar … Vreeslik deurmekaar, want Staal raak deurmekaar met die politiek en politici en om dinge verder te vererger – met die twee boewe ook nog wat hulle eie pad byster raak met hulle sluwe plan omdat spiritusdampe hulle bedwelm.
Season 1 / Episode 24 37 min

Staal Burger en die dodelike duikboot (Deel 1)  

Die Afrikopter kom Staal en sy span dringend oplaai, want een van ons duikbote is in Simonstad gesteel en op pad Namibië toe. Staal-hulle moet een van ons vloot se fregatte by Lüderitz ontmoet om die probleempie op te los, soos net hy kan.
Season 1 / Episode 25 27 min

Staal Burger en die dodelike duikboot (Deel 2)

Dada is gegryp en in die duikboot ingeboender. Willem het agterna gespring, die ysige waters in ... maar gelukkig werk Staal-hulle se spesiale selfone ook onder water.
Season 1 / Episode 26 28 min
20 – 26