Maroela Media Plattelanders

Plattelanders

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ’n stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes?Plattelanders is presies dit – ’n sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts Narrated by Bettie Kemp
121 Episodes
100 – 120

Plattelanders - Episode 100

Dokter Dirk Duvenhage en Sandra Serfontein se uitstappie word ʼn uitgerekte en gespanne aand. Op die kritieke oomblik kan die vurige Sandra nie haar skerp tong in toom hou nie. Iemand beland in die hospitaal.
Season 1 / Episode 100 6 min

Plattelanders - Episode 101

Kaptein Swys Steenkamp slaan toe met ʼn lasbrief waar hy die minste verwag word. Klara Korsten geniet ʼn ete wat ʼn hele paar skokke oplewer en haar ʼn groot besluit laat neem.
Season 1 / Episode 101 7 min

Plattelanders - Episode 102

Klara Korsten neem Riana Roelofse op ʼn uitstappie buite Maroelafontein. Daar loop sy in iemand vas wat sy allermins verwag. Dit word ʼn Saterdagoggend vol verrassende wendings.
Season 1 / Episode 102 7 min

Plattelanders - Episode 103

Riana Roelofse is gegooi. Sy soek ʼn plek waar sy haar hart kan ligter maak; ʼn plek waar sy hopelik antwoorde kan kry op die vrae wat deur haar kop maal. By wie en waar klop sy aan? Sandra Serfontein is erg gepla oor die sak tik wat sy noodgedwonge…
Season 1 / Episode 103 7 min

Plattelanders - Episode 104

Dokter Dirk Duvenhage en Riana Roelofse is beswaard. Dit gaan nie goed met hulle nie. Iemand verras hulle met ʼn onverwagse besoek. Wat gebeur terwyl daar lekker gekuier word en tot watter gevolgtrekking kom Dirk Duvenhage?
Season 1 / Episode 104 7 min

Plattelanders - Episode 105

Veronica Steenkamp is op ʼn missie. Sy en haar vriendin Marelize is in Maroelafontein om Marelize se man, Theo, se dood te ondersoek. Ricky kry ʼn opdrag van Veronica. Ou dokter Korsten se dagboek is volgens Veronica ʼn belangrike item in die oplos van die moorde. ʼn Dramatiese wending verander…
Season 1 / Episode 105 9 min

Plattelanders - Episode 106

Klara Korsten is verpletter. Wat haar meer ontstel, is die twee mense wat die oggend vir Arnold Korsten kom kuier het sonder om dit eers vooraf met haar op te klaar. Die swart dagboek duik op… met belangrike inligting.
Season 1 / Episode 106 8 min

Plattelanders - Episode 107

Ricky October is bekommerd oor wat hy so pas gedoen het. En dis nie die einde van sy sorge nie. Die verkeerde vrou het oor sy pad gekom. En dis of sy weet hoe om met sy kop te smokkel. Maar terwyl hy nou begin het, besluit Ricky hy kan…
Season 1 / Episode 107 8 min

Plattelanders - Episode 108

Die raaisels oor Roger Smith se verdwyning word uiteindelik opgelos. Ricky October het die taak om Riana Roelofse voor te berei vir groot nuus. Sy en Roger is vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer bymekaar en hulle het groot dinge om uit te praat.
Season 1 / Episode 108 7 min

Plattelanders - Episode 109

Die nuwe arrestasie ontketen ʼn geskarrel op Maroelafontein soos nog nooit tevore nie. Dokter Dirk Duvenhage is die bekommerdste van almal. Die nuus wat Sandra Serfontein hom vertel, ontstel hom meer as wat sy rou senuwees kan hanteer.
Season 1 / Episode 109 6 min

Plattelanders - Episode 110

As daar een man op Maroelafontein is wat weet hy het nog baie om te verduidelik, is dit Roger Smith. Maar al doen hy dit ook hoe goed, beteken dit nie hy gaan vergewe word nie. Kaptein Swys Steenkamp daag met sy volgende lasbrief op.
Season 1 / Episode 110 8 min

Plattelanders - Episode 111

Die uitslag van die outopsie wat op Arnold Korsten gedoen is, is bekend. Dokter Dirk Duvenhage is vas van plan om sy naam by minstens een van die inwoners van die dorp in ere te herstel. Wat is die werklike beweegrede agter Veronica Steenkamp se optrede?
Season 1 / Episode 111 7 min

Plattelanders - Episode 112

Die Plattelander se jongste uitgawe word vinnig op die dorp uitverkoop want dit bevat vuurwarm nuus. Die redakteur, Karel Hoogenhout, is duidelik op die oorlogspad. Dokter Arnold Korsten word begrawe en daar daag interessante mense by sy begrafnis op.
Season 1 / Episode 112 7 min

Plattelanders - Episode 113

Veronica Steenkamp is op ʼn missie. Sy agtervolg van vroegdag af vir Margaret Jooste. Klara Korsten se eerste dag ná die begrafnis begin stil by haar huis. Dan verskyn Swys met sy waarskuwings oor haar afspraak met dokter Dirk. Is hy opreg bekommerd of net jaloers?
Season 1 / Episode 113 8 min

Plattelanders - Episode 114

Die groot dag breek aan: Roger Smith vra vir Riana Roelofse om saam met hom deur te ry om sy ma op Wolwekrans te ontmoet. Maar voor Riana daar aankom, kry sy nuus wat haar tot in haar fondamente skud. Die aand het ʼn slegte nadraai.
Season 1 / Episode 114 6 min

Plattelanders - Episode 115

Wie beland in die hospitaal op Doornbult en hoekom? Die redakteur van die Plattelander, Karel Hoogenhout, het duidelik agter die kap van die byl gekom oor die geplante tik in sy vier-by-vier en hy is op die oorlogspad. Hy dreig om op te tree en gee Sandra ʼn spertyd om…
Season 1 / Episode 115 8 min

Plattelanders - Episode 116

As daar ooit twyfel by iemand was oor Veronica Steenkamp, bewys sy haar nou as ʼn vrou van formaat. In een enkele aand word opspraakwekkende deurbrake gemaak. Sandra Serfontein is verstom. Watter skok tref Kaptein Swys Steenkamp?
Season 1 / Episode 116 8 min

Plattelanders - Episode 117

Swys Steenkamp is op die oorlogspad. Sy eerste stop is by Ricky October wat behoorlik les opsê. Waar is Swys se tweede stop en wat beplan hy om daar te doen? Ondertussen is dit nog lank nie die einde van Ricky October se probleme nie.
Season 1 / Episode 117 7 min

Plattelanders - Episode 118

Klara Korsten en dokter Dirk Duvenhage sit hulle roosplaasgesprek voort, maar hulle word ontydig onderbreek. Waaroor gons die koffiekroeg op dié pragtige Saterdagoggend?
Season 1 / Episode 118 7 min

Plattelanders - Episode 119

Wie is die monster van Maroelafontein? Hoekom is Matthys Jooste, Theo Potgieter, Jenny Pietersen en Bertram Jackson geskiet? En wie sit agter al sewe die morfienmoorde?
Season 1 / Episode 119 8 min
100 – 120