Maroela Media Plattelanders

Plattelanders

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ’n stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes?Plattelanders is presies dit – ’n sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts Narrated by Bettie Kemp
121 Episodes
80 – 100

Plattelanders - Episode 80

Iets het gebeur wat kaptein Swys Steenkamp noodsaak om Roger Smith op kantoor te gaan sien – diep ontsteld met ʼn brief in die hand. Waar lê hy nog besoek af? Om wat te doen?
Season 1 / Episode 80 7 min

Plattelanders - Episode 81

Klara Korsten se hele wêreld word op sy kop gekeer. Haar geloof in die mensdom kry ʼn geweldige knou. Dokter Dirk Steenkamp is vasbeslote om kwaad met kwaad te vergeld en hy’t iemand in sy visier.
Season 1 / Episode 81 8 min

Plattelanders - Episode 82

Wie maak Ricky October se lewe moeilik en hoekom? Wie besoek hom onverwags? Iemand is bekommerd oor Riana Roelofse. Sy’s duidelik nie gesond nie en dit lyk of sy dit probeer wegsteek.
Season 1 / Episode 82 7 min

Plattelanders - Episode 83

Kaptein Swys Steenkamp en dokter Dirk Duvenhage pak mekaar oor tik, moorde en Klara Korsten. Boonop begin kaptein Swys die dokter se huis deursoek en maak ʼn vonds wat dokter Dirk kniediep in die moeilikheid laat beland.
Season 1 / Episode 83 6 min

Plattelanders - Episode 84

African Art se deure is uiteindelik weer oop met ʼn nuwe bestuurspan aan die stuur. Klara skok Sandra met inligting oor dokter Dirk. Daar word gekuier op die nabygeleë roosplaas waar Riana ʼn dramatiese bekentenis aan Klara doen.
Season 1 / Episode 84 7 min

Plattelanders - Episode 85

Dis tyd vir kaptein Swys Steenkamp se informant om weer aan die werk te spring. Die Plattelandse Bank het ʼn saak om reg te stel na ʼn flater wat gevolge vir kaptein Swys het. Hoor wie ry almal Doornpoort toe met ʼn missie.
Season 1 / Episode 85 7 min

Plattelanders - Episode 86

Dokter Dirk Duvenhage stort sy hart uit teenoor Sandra Serfontein. Sy het ʼn plan, maar hoe reageer die dokter daarop? Iemand keer dokter Dirk voor met ʼn saak wat swaar op die hart druk. Die morfienmoordenaar slaan weer toe.
Season 1 / Episode 86 6 min

Plattelanders - Episode 87

Die jongste morfienmoordslagoffer maak dokter Dirk Duvenhage weer eens ʼn verdagte in kaptein Swys Steenkamp se swart boekie. Maar iemand kom tot Dirk se redding, anders het hy waarskynlik in die tronk geslaap.
Season 1 / Episode 87 7 min

Plattelanders - Episode 88

Riana Roelofse het duidelik baat gevind by haar snoeikursus op die roosplaas. Dis net nóg ʼn manier om haar gedagtes besig te hou en af te lei van die groot krisisvrae wat haar lewe deesdae oorheers. By wie soek sy raad?
Season 1 / Episode 88 7 min

Plattelanders - Episode 89

Ricky October soek ʼn oorlogskamer soos sekere politici voor verkiesings sodat belangrike strategieë uitgewerk kan word om die dorp te suiwer van sy tik- en moordprobleme. Sy jongste reeks potloodsketse gaan gewis opslae maak, veral die een wat sekere mense kan inkrimineer. Sandra Serfontein beleef ʼn dag vol onaangename verrassings.
Season 1 / Episode 89 7 min

Plattelanders - Episode 90

Klara Korsten kan nie aanvaar dat Roger Smith die volgende dag op sy landwye toer vertrek sonder dat hy en Riana Roelofse belangrike sake uitgepraat het nie. Sy probeer met gemengde sukses ingryp voor hy ry. ʼn Gas daag by die koffiekroeg op wat ʼn paar mense se asems wegslaan.
Season 1 / Episode 90 6 min

Plattelanders - Episode 91

Hoekom is Veronica Steenkamp skielik op Maroelafontein? Hoekom wil sy so graag met Klara Korsten praat? Sy en kaptein Swys Steenkamp tref reëlings oor ʼn belangrike saak. Haar inmengery in sy professionele werk ontstel kaptein Swys, met rede.
Season 1 / Episode 91 7 min

Plattelanders - Episode 92

Veronica Steenkamp en Marelize Potgieter tref Maroelafontein soos ʼn orkaan. Eers loop Klara Korsten onder Veronica se vlymskerp tong deur en daarna Sandra Serfontein. Haar aantygings blyk gronde te hê… sy’s besonder goed ingelig.
Season 1 / Episode 92 8 min

Plattelanders - Episode 93

Dokter Dirk Duvenhage is radeloos en besluit om van Sandra se advies gebruik te maak. Riana Roelofse is skepties oor sy plan. Hoekom vra Riana vir Sandra om ʼn week lank vir haar by die kliniek in te staan? Ricky October kry ʼn ontstellende SMS. Wat gebeur op Upington wat…
Season 1 / Episode 93 7 min

Plattelanders - Episode 94

Hoekom help Sandra Serfontein dringend uit by Rocky’s Funerals? Daar’s nuus uit Upington wat die dorp nog verder laat asem ophou. Sandra skraap moed bymekaar om Klara die waarheid te vertel oor dit wat haar al jare lank nagte laat wakker lê.
Season 1 / Episode 94 8 min

Plattelanders - Episode 95

Klara en kaptein Swys Steenkamp is ewe depressief. Hulle gesprek help ook nie juis om mekaar beter te laat voel nie. Veronica Steenkamp verras Swys op kantoor. Dis duidelik sy besit hoogs vertroulike polisie-inligting.
Season 1 / Episode 95 8 min

Plattelanders - Episode 96

Die tragedie op Upington keer Riana Roelofse se wêreld op sy kop. Dokter Dirk Duvenhage troos haar so goed hy kan. Ricky October help op Upington met ʼn soektog om die tergende vrae oor Roger Smith te help opklaar, maar hy hoor nie wat hy graag wil hoor nie.
Season 1 / Episode 96 7 min

Plattelanders - Episode 97

ʼn Nuuskierige kaptein Swys Steenkamp loop in Sandra Serfontein vas voor African Art. Kort daarna word Sandra by haar huis verras. Deur wie? En waarmee?
Season 1 / Episode 97 7 min

Plattelanders - Episode 98

Dokter Dirk Duvenhage ry met Riana Roelofse Johannesburg toe vir voorgeboorte toetse. Die onsekerheid oor Roger Smith se lot vreet aan almal, ook aan haar. Kaptein Swys Steenkamp se regterhand, sersant Boshof, se naam begin al hoe meer opduik in Maroelafontein.
Season 1 / Episode 98 6 min

Plattelanders - Episode 99

Ricky October is bly om terug te wees op die dorp. Maar hy voel vasgekeer tussen sy drang om te bly soek na sy Meester en sy pa se knaende drome met opdragte wat nie wil ophou nie. Sandra Serfontein word verras met iets wat ʼn lelike nadraai het.
Season 1 / Episode 99 7 min
80 – 100