Maroela Media Plattelanders

Plattelanders

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ’n stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes?Plattelanders is presies dit – ’n sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts Narrated by Bettie Kemp
121 Episodes
60 – 80

Plattelanders - Episode 60

Klara Korsten is in ʼn omgekrapte bui oor ʼn vrou op die dorp wat haar lewe versuur: dokter Dirk se nuwe galery-bestuurder. Hy hou hom doof daarvoor maar verskerp sy poging om Klara se hart te wen. Maroelafontein word skielik die moorddorp genoem… en met reg ook, want nóg ʼn…
Season 1 / Episode 60 6 min

Plattelanders - Episode 61

Angelique Bezuidenhout se familie aanvaar nie haar skielike afsterwe gelate nie. Hulle dring aan op ʼn behoorlike outopsie en dit moet in Doornbult gedoen word. Kaptein Swys Steenkamp ontvang die outopsieverslag en Maroelafontein word skielik op sy kop gekeer.
Season 1 / Episode 61 6 min

Plattelanders - Episode 62

Maroelafontein se begraafplaas is die middelpunt van belangstelling vanoggend. Dit wemel van verslaggewers en fotograwe en asof dit nie genoeg is nie, lyk dit of die hele dorp kom loer het. Wat is aan die gang?
Season 1 / Episode 62 7 min

Plattelanders - Episode 63

Ricky October het ʼn droom wat hom tot in sy fondamente skud. Hy moet sy lewe dringend in oënskou neem, want dis nie sommer net ʼn droom nie. Dis ʼn droom met vaste opdragte. Moeilike opdragte.
Season 1 / Episode 63 7 min

Plattelanders - Episode 64

Die deurmekaarspul op die dorp begin na individue se private lewens oorspoel. Wie stamp erg kop? Wat lewer die outopsies op wat op Doornbult laat doen is? Wie word van die moorde verdink?
Season 1 / Episode 64 7 min

Plattelanders - Episode 65

Die storie in Vrydag se Plattelander oor die dwelmroete het lelike gevolge. Ricky October is oral in die moeilikheid. Kaptein Swys Steenkamp het twee dringende sake op die hart.
Season 1 / Episode 65 7 min

Plattelanders - Episode 66

Morfien wat verdwyn is ernstige sake. Dokter Dirk Duvenhage is raadop want sy voorraad klop nie met sy register nie. Hoe het dit gebeur en hoe verduidelik hy dit aan kaptein Swys Steenkamp van alle mense? Met al die verslaggewers op die dorp, voel die dorpenaars meer geborge. Die reeksmoordenaar…
Season 1 / Episode 66 7 min

Plattelanders - Episode 67

Klara Korsten is op die oorlogspad. Sy voel twee verslaggewers het heeltemal te ver gegaan met hulle lasterlike beriggewing. En sy glo vas sy weet wie die verslaggewers se “betroubare informant” is.
Season 1 / Episode 67 7 min

Plattelanders - Episode 68

Ricky October se knaende hoofpyne dryf hom teen die mure uit. By wie klop hy aan om hulp? Roger Smith nooi iemand na sy kantoor om ʼn paar sake af te handel wat gevolge het. Riana Roelofse eet weer vanaand in die koffiekroeg. Maar haar besoek het ʼn nadraai.
Season 1 / Episode 68 8 min

Plattelanders - Episode 69

Die feit dat Bertram Jackson op Riana Roelofse se spoor is, ontstel haar… en met rede. Roger Smith kom weer tot haar redding, maar die aand het ʼn lelike nadraai.
Season 1 / Episode 69 6 min

Plattelanders - Episode 70

Wat het in Doornbult Hotel, suite 210 in die hoek, gebeur? Dit blyk dat Sandra Serfontein meedoënloser as die Plattelander kan wees. Veral as sy eers haar feite mooi agtermekaar het. Iemand ontgeld dit.
Season 1 / Episode 70 6 min

Plattelanders - Episode 71

Klara Korsten en dokter Dirk Duvenhage probeer skadebeheer toepas, maar die koeël is blykbaar deur die kerk. Ricky October is besig om homself te verras. Waarmee kom hy nou weer vorendag?
Season 1 / Episode 71 7 min

Plattelanders - Episode 72

Vrydag se uitgawe van die Plattelander is so opspraakwekkend, byna dubbeld die normale oplaag is gedruk. Een berig is meer dramaties as die volgende. Wie se beeld word die meeste deur die jongste beriggewing geskaad? Saterdag se Markdag is nie wat dit veronderstel was om te wees nie.
Season 1 / Episode 72 6 min

Plattelanders - Episode 73

Ricky October se trollieprojek kry momentum. Na hy die hele naweek die jongste Plattelander gelees het, onthou hy skielik iets belangrik. Dokter Dirk Duvenhage sit op moedverloor se vlakte. Hy besluit dat selfone meer probleme vir hom kan skep as wat hy reeds het. Hy neem die nodige aksie.
Season 1 / Episode 73 7 min

Plattelanders - Episode 74

ʼn Nuwe naam duik op in Maroelafontein: Marjorie Beukes. Hoekom het sy dorp toe gebel en mense ontstel, veral vir Roger Smith? Wie weet almal van haar?
Season 1 / Episode 74 6 min

Plattelanders - Episode 75

Klara Korsten en Sandra Serfontein loop uiteindelik in mekaar vas en die hare … of is dit die naels … waai. Ricky October kry goeie nuus. Maar nie Klara nie.
Season 1 / Episode 75 6 min

Plattelanders - Episode 76

Die morfienvrae op Maroelafontein verdiep. Hoekom is Ricky October destyds daarby betrek? Hoe pas Santjie Gericke in die prentjie in? By wie is die “parcel” morfien afgehaal? As dokter Dirk Duvenhage deel daarvan is, hoekom sou hy ’n ompad loop om morfien in die hande te kry?
Season 1 / Episode 76 7 min

Plattelanders - Episode 77

ʼn Hele paar mense is skielik op soek na ʼn dagboek wat sleutelgetuienis oor die morfiensage kan oplewer. Die aanstelling van ʼn nuwe bestuurder vir die African Art ateljee word ʼn vuurwarm gesprekspunt.
Season 1 / Episode 77 7 min

Plattelanders - Episode 78

Die Plattelander se jongste uitgawe los ʼn bom of twee. Wie is die koerant se “betroubare informant”? Roger Smith dog hy kon sy verlede afskud op Wolwekrans, maar hy word verras. Wat is die jongste skok wat Maroelafontein tref?
Season 1 / Episode 78 8 min

Plattelanders - Episode 79

Die jongste uitgawe van die Plattelander is steeds besig om opslae te maak. Lydia Proctor raak ʼn groot probleem vir meer as een mens op die dorp. Sandra Serfontein laat haar egter nie voorskryf nie. Sy’s op ʼn missie.
Season 1 / Episode 79 6 min
60 – 80