Maroela Media Plattelanders

Plattelanders

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ’n stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes?Plattelanders is presies dit – ’n sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts Narrated by Bettie Kemp
121 Episodes
40 – 60

Plattelanders - Episode 40

Theo Potgieter is baie bedrywig op Maroelafontein. Dit wil voorkom of hy tot op die hoogste vlak beskerming geniet. Dit maak die lewe vir veral Sandra Serfontein nie maklik nie. Maar sy kry hulp uit ʼn onverwagse oord. En vandag besluit die dorpsraad na wie die binneplein voortaan vernoem gaan…
Season 1 / Episode 40 8 min

Plattelanders - Episode 41

Wolwekrans se bulte kry so byna vir Riana Roelofse onder. Maar dis toe nie die enigste bult wat sy op die sonnige Saterdag moet uit nie. ʼn Bos blomme veroorsaak groot onmin op Maroelafontein. En Riana kook oor.
Season 1 / Episode 41 7 min

Plattelanders - Episode 42

Spoke uit Riana Roelofse se verlede jaag haar op ʼn knop. Wat het in Johannesburg met haar gebeur voordat sy na Maroelafontein verhuis het? Wie lig haar in oor verwikkelinge wat sy liefs nie wil hoor nie? Wie is Bertram Jackson?
Season 1 / Episode 42 7 min

Plattelanders - Episode 43

Riana Roelofse voel oorweldig deur gebeure. Met wie deel sy uiteindelik haar verlede? Jenny Pietersen verwag iemand se baba. Maar die twee moontlike vaders weier om verantwoordelikheid te aanvaar. Groot geld word in die geheim betaal vir prenatale vaderskaptoetsing. Maar die toetsing is net moontlik as Sandra Serfontein help.
Season 1 / Episode 43 7 min

Plattelanders - Episode 44

Kaptein Swys Steenkamp raak ernstig oor die bekamping van die tikhandel op die dorp. Hy werf vir hom ʼn informant. Sandra Serfontein is nie een van die kaptein se grootste ondersteuners nie. Hulle stamp weereens koppe. Ricky October kry die skok van sy lewe.
Season 1 / Episode 44 7 min

Plattelanders - Episode 45

Wat het met Jennifer en Jenny Pietersen gebeur? Wie wil skielik huis koop? Deur wie word kaptein Swys Steenkamp aangetree om te verduidelik? Dan ontvang die kaptein ʼn oproep wat sy dag op sy kop omkeer.
Season 1 / Episode 45 7 min

Plattelanders - Episode 46

Ongekende drama speel hom af in Maroelafontein se kliniek met suster Riana en haar pasiënte wat gyselaar gehou word. Dr. Dirk en Roger Smith neem sake in eie hande tot kaptein Swys se ontsteltenis. Gaan dinge betyds ontlont word of stuur dit op ʼn tragedie af?
Season 1 / Episode 46 5 min

Plattelanders - Episode 47

Dit word ʼn dag van aksie by die kliniek wat Maroelafontein skud. Wie sit agter die gyselaardrama daar? Een van die spoke uit suster Riana Roelofse se verlede duik weer op. Kaptein Swys word ontnugter met sy besoek aan die bankbestuurder, Roger Smith.
Season 1 / Episode 47 7 min

Plattelanders - Episode 48

Daar is geen taal of tyding van Jenny Pietersen nie en haar ma, Jennifer, moet begrawe word. Hou haar verdwyning verband met ʼn ene Theo Potgieter wat weer sy opwagting op Maroelafontein gemaak het? Ricky October maak ʼn draai by Klara met ʼn groot versoek, maar dinge wil nie vir…
Season 1 / Episode 48 8 min

Plattelanders - Episode 49

Dr. Dirk Duvenhage se African Art galery is besig om momentum te kry. Hy gooi sy flikkers by Klara en beplan groot dinge vir hulle by die seminaar op Wolwekrans. Kaptein Swys Steenkamp kry slegte nuus… maar die dag eindig tog op ʼn hoopvolle noot.
Season 1 / Episode 49 7 min

Plattelanders - Episode 50

Kaptein Swys Steenkamp se nuutgewerfde informant, Ricky, word by ʼn dwelmsindikaat ingetrek. Die tergende vrae om Jenny se verdwyning verdiep. Ricky maak ʼn aanbeveling vir die nuwe bestuurspos by African Art-galery en volg dit op met ʼn verdagte oproep.
Season 1 / Episode 50 7 min

Plattelanders - Episode 51

Die romanse wil-wil op Maroelafontein blom. Dirk Duvenhage is besig met fyn voetwerk om Klara die hof te maak. Die bos blomme wat Roger Smith op Wolwekrans gekoop het, spook steeds by Riana Roelofse. Maar dit wil lyk of haar en Roger se paaie tog nader na mekaar toe loop.
Season 1 / Episode 51 7 min

Plattelanders - Episode 52

Die komende seminaar op Wolwekrans ontlok ‘n vuurwarm bespreking wat Dirk se kanse by Klara ‘n knou gee. Dit blyk dat Bets Barlow nie van Jennifer Pietersen in haar testament vergeet het nie. Vrae rondom die dood van die vroue wat sterf met hulle hande oor die bors gevou, verdiep…
Season 1 / Episode 52 6 min

Plattelanders - Episode 53

Tikverslaafdes kan aggressief en gevaarlik wees, vind Sandra Serfontein tot haar spyt uit toe sy Ricky besoek. Die veelbesproke uitslag waarop die dorp wag, kom uiteindelik: Wie is die pa van Jenny Pietersen se ongebore baba?
Season 1 / Episode 53 7 min

Plattelanders - Episode 54

Kaptein Swys konfronteer Ricky oor sy dwelmprobleem en dreig met stappe teen hom na sy aanranding op Sandra. Swys sit nou met ʼn probleem want hy wil sy informant ten alle koste behou. Hy en Sandra sluit ʼn vreemde ooreenkoms. Ricky bring waardevolle inligting vir Swys wat Jack Proctor by…
Season 1 / Episode 54 7 min

Plattelanders - Episode 55

Wie land onverwags op Maroelafontein en veroorsaak chaos sover as wat sy gaan? Twee Potgieters op die dorp beteken dubbele moeilikheid, vind Sandra uit. Die nuut aangestelde bestuurder van dokter Dirk se African Art-galery laat Klara se bloed kook. Hulle twee het ʼn verlede.
Season 1 / Episode 55 6 min

Plattelanders - Episode 56

Dis tyd vir die seminaar op Wolwekrans. Roger Smith verras Riana Roelofse in haar hotel. Hulle besluit om die aand weg van die suur seminaargangers te geniet. Dit bring ʼn wrede verrassing vir Riana. Maar uiteindelik is dit eind goed, als goed vir die tweetjies.
Season 1 / Episode 56 6 min

Plattelanders - Episode 57

Op die platteland volg gebeure mekaar vinnig op: van die seminaar op Wolwekrans tot die gala opening van dokter Dirk se African Art-galery. Riana se spook uit die verlede, Bertram Jackson, se naam duik weer op. Uiteindelik is daar nuus oor Jenny Pietersen.
Season 1 / Episode 57 6 min

Plattelanders - Episode 58

Ricky October verras die bankbestuurder, Roger Smith, met ʼn voorstel. Die raaisels om Jenny Pietersen word eerder meer as minder. Dis asof daar ’n sluier van geheimhouding om haar doen en late getrek is, maar dit blyk Ricky weet meer oor haar as wat hy voorgee.
Season 1 / Episode 58 7 min

Plattelanders - Episode 59

As dit oor Jenny Pietersen gaan, weet Roger Smith by wie om aan te klop vir nuus. Ricky neem hom in sy vertroue met Jenny se geheim. Wanneer daar oor haar gepraat word, word die vermoorde Theo Potgieter se naam telkens genoem. Kaptein Swys Steenkamp bieg oor die vrou in…
Season 1 / Episode 59 7 min
40 – 60