Maroela Media Plattelanders

Plattelanders

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ’n stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes?Plattelanders is presies dit – ’n sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts Narrated by Bettie Kemp
121 Episodes
20 – 40

Plattelanders - Episode 20

Wie gaan haal Ricky October uit die polisieselle? By sy huis kry hy ʼn verrassing. Almal gis oor die skielike terugkeer van die tandarts Theo Potgieter na Maroelafontein.
Season 1 / Episode 20 7 min

Plattelanders - Episode 21

Klara Korsten en dr. Dirk Duvenhage loop mekaar vir die eerste keer trompop. Waaroor? Sandra Serfontein neem ʼn belangrike besluit. Met wie deel sy dit?
Season 1 / Episode 21 7 min

Plattelanders - Episode 22

Kaptein Swys Steenkamp en dr. Dirk Duvenhage is soos olie en water: Hulle meng nie. Dirk Duvenhage is keelvol vir die gereelde besoeke van die kaptein. Maar dis nie die enigste man wat hom opdraande gee nie.
Season 1 / Episode 22 6 min

Plattelanders - Episode 23

Wie konkel skielik lekker saam? Om wie ʼn punt te wys? Hoekom kuier Riana Roelofse by Roger Smith op kantoor?
Season 1 / Episode 23 6 min

Plattelanders - Episode 24

Kaptein Swys Steenkamp en Sandra Serfontein spring aanmekaar en die hare waai soos hulle baklei. Waaroor dié keer! Die Plattelander is vol interessante berigte maar daar’s veral een wat vir Klara Korsten ontstel.
Season 1 / Episode 24 6 min

Plattelanders - Episode 25

Wat presies staan in Bets Barlow se testament? Wie is erg bekommerd omdat die testament nie gelees word nie? Die padwedloop in Ganskuil lewer ʼn paar interessante gebeure op.
Season 1 / Episode 25 6 min

Plattelanders - Episode 26

Klara Korsten dra ʼn bekommernis in haar hart. Met wie deel sy dit? Wie is die gunsteling om die gesogte kontrak van baasbakster-kaaskoeke los te slaan? Daar word al weer op Maroelafontein gekonkel.
Season 1 / Episode 26 7 min

Plattelanders - Episode 27

Dis nie aldag dat Ricky October met bankstate en al vir die bankbestuurder loop kuier nie. Wat het hy alles op die hart en hoe suksesvol loop sy besoek af. Dr. Dirk Duvenhage kry dit onverwags hotagter.
Season 1 / Episode 27 7 min

Plattelanders - Episode 28

ʼn Onwillige Riana Roelofse span saam met dr. Dirk Duvenhage om uit ʼn netelige situasie te kom. Hoe suksesvol is die twee?
Season 1 / Episode 28 5 min

Plattelanders - Episode 29

Klara Korsten is vol planne. Wie betrek sy daarby? Sy besef ook haar besluit om hulp aan Gert Jantjies te verleen is besig om lelike nagevolge te hê. Sy sal kragdadig moet optree om kaptein Swys Steenkamp in sy spore te stuit. Wat doen sy?
Season 1 / Episode 29 6 min

Plattelanders - Episode 30

Dit gons behoorlik op Maroelafontein se eerste Matthys Jooste markdag op die binneplein. Feitlik die hele dorp is daar. Maar hoekom is die eregas, die weduwee Jooste, nog nie daar nie? En wat het van die Plattelander se verslaggewers geword?
Season 1 / Episode 30 6 min

Plattelanders - Episode 31

‘n Bedruktheid hang oor Maroelafontein. Hoekom is die nadraai van die eerste Matthys Jooste Markdag skielik moeilik om te verwerk? Klara Korsten kry ‘n groot verrassing. Maar dis nie die enigste verrassing van die dag nie.
Season 1 / Episode 31 7 min

Plattelanders - Episode 32

Hoekom het die ambulans Rondeklip toe gejaag? Wie het die ambulans bestel? Blomme is skielik weer groot nuus op die dorp… dit bring sommige dorpenaars bymekaar en maak ander woedend.
Season 1 / Episode 32 7 min

Plattelanders - Episode 33

Die sluier van geheimhouding oor die testament van Bets Barlow word uiteindelik gelig. Wie baat almal by haar testament? Maar die lewe is dikwels ‘n mengsel van goeie en slegte nuus. Wie ervaar dit intens?
Season 1 / Episode 33 7 min

Plattelanders - Episode 34

Die Korsten Koffiekroeg staan reg vir ‘n groot geleentheid. Dis tyd vir vonkelwyn. Sandra Serfontein se beker loop ook oor… ‘n liefdadigheidsprojek is uiteindelik aan die gang maar haar vreugde word deur ‘n insident bederf.
Season 1 / Episode 34 7 min

Plattelanders - Episode 35

Dit blyk nou dat Matthys Jooste ‘n bedrewe dwelmsmokkelaar was. Sy solder, waaruit hy sy dwelmbedrywighede georkestreer het, is iets om te aanskou. Wat lewer die besoek aan die solder onverwags op? En wie word nog geinkrimineer?
Season 1 / Episode 35 7 min

Plattelanders - Episode 36

Dokter Dirk Duvenhage is ongelukkig oor ‘n sekere plakkertjie en die implikasies wat dit vir hom mag inhou. Sy emosies kook oor en hy dink nie helder nie. Later kom hy met ‘n vindingryke plan vorendag. Ricky October sukkel en loop hom bloedneus, keer op keer.
Season 1 / Episode 36 7 min

Plattelanders - Episode 37

Sandra Serfontein voel sy het ’n berg om te klim. En toe begin die dag boonop alles behawe soos sy dit gevisualiseer het. Foto’s op ‘n selfoon sorg vir groot probleme. Nes Sandra dink die probleme is iets van die verlede, gebeur die ergste.
Season 1 / Episode 37 7 min

Plattelanders - Episode 38

Maroelafontein se dorpsraad besluit eerskomende Vrydag na wie die binneplein voortaan vernoem sal word ná die Matthys Jooste debakel. Die vonke spat gou. Planne en teenplanne word gemaak. Sandra het nie verniet die oor van die Plattelander se redakteur nie.
Season 1 / Episode 38 6 min

Plattelanders - Episode 39

Almal beleef maar ʼn dag of twee waarin depressiewe skaduwees jou volg wat jy nie afgeskud kry nie. Vandag is dit Klara Korsten se beurt. Haar eerste fout van die dag is om hof toe te gaan. En vandaar loop dinge van sleg na slegter.
Season 1 / Episode 39 7 min
20 – 40