Maroela Media Plattelanders

Plattelanders

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ’n stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes?Plattelanders is presies dit – ’n sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer.
Afrikaans Read by Bettie KempSouth Africa Performing Arts Narrated by Bettie Kemp
121 Episodes
1 – 20

Plattelanders – Maroela Media se eie liedjie

“Plattelanders” is Maroela Media se eie liedjie wat die storie van ʼn plattelandse, Afrikaanse gemeenskap vertel. Die musiek en lirieke is behartig deur Michael van der Walt en Muller Brandt.
Season 1 / Episode 0 3 min

Plattelanders - Episode 1

Sommer met die intrapslag gebeur vreemde dinge op die rustige Maroelafontein. ‘n Kis val uit ‘n lykswa in die hoofstraat. Dis duidelik Matrone Sandra Serfontein is nie met ‘n wag voor haar mond gebore nie en dit het gevolge. Wie loop Ricky October uit? Waaroor?
Season 1 / Episode 1 6 min

Plattelanders - Episode 2

Maroelafontein kry twee nuwe inwoners wat koppe stamp by die dorp se enigste verkeerslig: die jong bankbestuurder en aantreklike suster Roelofse. Dit word ‘n dag wat nie een van die twee gou sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 2 6 min

Plattelanders - Episode 3

Vir Kaptein Swys Steenkamp bly die veiligheid van Maroelafontein se inwoners sy belangrikste prioriteit. Daarom loer hy in by die nuwe suster op die dorp om haar te betrek. Hy kry ‘n oproep wat hom duidelik ontstel.
Season 1 / Episode 3 6 min

Plattelanders - Episode 4

ʼn Onverwagse gewelddadige sterfte skok Maroelafontein. Het dit iets te doen met die tikprobleem op die dorp? Kaptein Swys Steenkamp moet dit ontgeld. En dis nie die einde van die slegte nuus vir hom nie.
Season 1 / Episode 4 6 min

Plattelanders - Episode 5

Kaptein Swys Steenkamp het Hoofkantoor op sy nek oor ʼn sterfgeval en dit kan sy loopbaan en sy goeie naam op die dorp nie bekostig nie. Gert Jantjies, die ambulansman, verdwyn boonop soos ʼn groot speld.
Season 1 / Episode 5 6 min

Plattelanders - Episode 6

Die padwedlope is jaarliks een van die hoogtepunte op Maroelafontein. Vanjaar lewer weer ʼn paar skokuitslae op. Roger Smith, die bankbestuurder, kan – teen sy sin – nie deelneem nie.
Season 1 / Episode 6 6 min

Plattelanders - Episode 7

Matrone Sandra Serfontein klop om hulp vir haar projek aan en sy vat nie nee vir ʼn antwoord nie. Klara en Sandra bots oor ʼn sensitiewe saak.
Season 1 / Episode 7 6 min

Plattelanders - Episode 8

Wie word deur kaptein Swys Steenkamp gearresteer? Wat gebeur op Maroelafontein wat kaptein Swys en Sandra laat bots? Suster Riana kry ʼn waarskuwing in die Korsten Koffiekroeg.
Season 1 / Episode 8 6 min

Plattelanders - Episode 9

Die sjarmante dokter Dirk Duvenhage is wel ter tale maar hy sukkel om oor sy oorlede vrou, Elaine, te praat. Die getroude Klara is die een vrou wat hom weer laat glimlag. Dit bring hom in botsing met een van Maroelafontein se bekende inwoners.
Season 1 / Episode 9 6 min

Plattelanders - Episode 10

Ricky October het kontantvloeiprobleme en hy bedink dringend ʼn plan, maar nie almal val daarvoor nie. Roger Smith kry ʼn onverwagse oproep en hy moet haastig uit die Korsten Koffiekroeg vertrek.
Season 1 / Episode 10 6 min

Plattelanders - Episode 11

Die buurdorp Rondeklip se plakkersgemeenskap word in rou gedompel. Niemand het dié tragedie sien kom nie. Dis ʼn tragedie wat ook Maroelafontein ruk en Roger Smith vir die eerste keer buite die dorp dwing.
Season 1 / Episode 11 6 min

Plattelanders - Episode 12

Doornbult is in rep en roer. Dis dié dorp se beurt vir padwedlope. Die keer besluit Roger Smith dis tyd om Riana te wys wat in hom steek. Maar die uiteinde is nie naastenby soos een van hulle dit gevisualiseer het nie.
Season 1 / Episode 12 6 min

Plattelanders - Episode 13

Maroelafontein kom tot stilstand met die grootste begrafnis in die dorp se geskiedenis. Wie steek die hooftoespraak by die begrafnis af? Sandra glo daar is groot moeilikheid aan die kom, maar dit lyk of dit net sy is wat so dink.
Season 1 / Episode 13 7 min

Plattelanders - Episode 14

Kaptein Swys Steenkamp vind uit wie almal vir Gert Jantjies in die tronk kuier. Daar is een naam wat vir hom verdag lyk. Hy kry boonop ʼn oproep van oorlede Bets Barlow se seun wat hoogs ontsteld is en hom dwing om dadelik op te tree.
Season 1 / Episode 14 6 min

Plattelanders - Episode 15

Sandra Serfontein se profetiese woorde word waar en die betoging by Onderdorp se laerskool betrap Maroelafontein en kaptein Swys Steenkamp onkant met katastrofiese gevolge.
Season 1 / Episode 15 5 min

Plattelanders - Episode 16

Sake is lelik by die Onderdorp se laerskool maar “cometh the hour, cometh the man”. En die verslaggeefster van die Plattelander en haar fotograaf is daar om genoeg foto’s van die held van die dag te neem.
Season 1 / Episode 16 6 min

Plattelanders - Episode 17

Riana Roelofse word by die kliniek verras. Sandra Serfontein is platgeslaan na haar nare ondervinding met die betogers by die Onderdorp se laerskool. Daar is tog iemand wat haar moed inpraat.
Season 1 / Episode 17 7 min

Plattelanders - Episode 18

Kaptein Swys Steenkamp is op die oorlogspad. En sy selfoon hou nie op met lui nie. Wie moet dit ontgeld?
Season 1 / Episode 18 6 min

Plattelanders - Episode 19

Dr. Dirk Duvenhage wil ʼn hartaanval kry van pure beneuktheid. Wie ontstel hom so? Met die afsterwe van die baasbakster op die dorp kom die kaaskoeke van Klara se koffiekroeg in gedrang. Daar’s ʼn onverwagse nuwe aankomeling op Maroelafontein.
Season 1 / Episode 19 6 min
1 – 20