GEE-week: Moeggesukkel & SA Cares

Loading player...
#MidOggend met Sarina se gesprek gee vir ons daardie HOOPstoot wat mens nodig het om aan te hou GEE. Sarina gesels met Jacques Papenfus, stigter van Moeggesukkel, Sanet Fagan, besturende direkteur van SA Cares for Life, en Liaune en Surisa van Atterbury Trust.
Jacques het gedeel hoe Moeggesukkel ’n toevlug geword het vir mense wat alles verloor het — nie net ’n dak oor hul kop nie, maar ook hoop. Hier word mense nie net gevoed nie; hulle word herstel. Daar is geleentheid om te werk, om weer deel te voel van die samelewing, en om met ondersteuning en waardigheid hul lewens te herbou.
Sanet van SA Cares for Life het die ander kant van die spektrum verteenwoordig: hulle werk met die heel kwesbaarstes — babas en kleuters. Met die ondersteuning van Atterbury Trust se Terugploeg-inisiatief sal van hul kleuterskole nou ook deel word van die voedingsprojek. Hier gaan dit oor meer as kos — dit gaan oor stabiliteit, liefde en ’n kans op ’n gesonde begin.
Wat alles saambring, is die rol van Atterbury Trust. Liaune en Surisa vertel hoe hulle skakels bou tussen organisasies, hulpbronne en mense. Wanneer Moeggesukkel en SA Cares for Life versterk word, word lewens verander. Dis nie net ondersteuning nie — dis vennootskap.
Vandag se gesprek was ’n herinnering dat hoop ’n werkwoord is.
✨ Wanneer mense saamstaan, word stories herskryf.
✨ Waar ander net ’n probleem sien, sien hierdie organisasies ’n mens.
En soms is dit al wat ’n mens nodig het — iemand wat glo daar is steeds ’n toekoms.
30 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: C - Chiropraktisyn (Dr Sindi Ludik)

Vandag by ABC van Ouerskap fokus ons op die letter “C” – vir chiropraktisyn! Baie ouers wonder hoe chiropraktiese sorg swanger mamma’s, babas en kinders kan ondersteun. Ons gesels vandag met Dr Sindi Ludik van OrthoLifestyle oor die rol wat chiropraktisyns kan speel in gesinsgesondheid – van swangerskap tot tienerjare.
19 May 5AM 9 min

Snoete-goete: Bedreigde spesiedag

Vandag, op Bedreigde Spesiesdag, fokus ons op die ongelooflike diere wat wêreldwyd onder druk verkeer – ook hier in Suid-Afrika. Van renosters en pangolins tot aasvoëls en wildehonde: elke spesie speel ’n belangrike rol in ons ekosisteem. Sarina gesels met Bonne de Bod, bekende wildlewe televisieaanbieder en vervaardiger, oor bewaring,…
15 May 6AM 10 min

VERSKILMAKERS: Helpende Hand Vrywilligers

Solidariteit Helpende Hand het verskeie takke regoor Suid-Afrika en is uiters afhanklik van vrywilligers om hul werksaamhede te ondersteun. Mariana Kriel van Helpende Hand vertel ons meer.
14 May 5AM 9 min

ABC van Ouerskap: B - Borsvoeding (Natascha Olivier)

Borsvoeding is baie meer as net voeding: dit is ook troos, beskerming, ‘n band tussen jou en jou kind, en ‘n belangrike belegging in jou kind se gesondheid en ontwikkeling. Dit is ook belangrik om te sê dat hierdie gesprek nie gaan oor oordeel of skuldgevoelens vir ma’s wat formule…
12 May 4AM 13 min

Wêreldwagwoorddag - Prof Basie von Solms

7 Mei is Wêreldwagwoorddag—’n goeie herinnering dat ons digitale veiligheid by iets so eenvoudig soos ’n wagwoord begin. Met kubermisdaad wat wêreldwyd toeneem, is dit belangriker as ooit om seker te maak jou aanlyn profiele is beskerm. Ons gesels vandag met Basie von Solms, een van Suid-Afrika se voorste kubersekuriteitskenners,…
8 May 7AM 8 min