Kaapstad juig oor hofbevel teen Nersa

Loading player...
Kaapstad verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se bevel dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika nuwe tydlyne moet instel vir sy proses om munisipale elektrisiteitstariewe goed te keur. Die hof het bevind Nersa se proses om die tariewe goed te keur sonder om behoorlike kostestudies en openbare-deelnameprosesse uit te voer, is ongrondwetlik. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê inwoners in alle munisipaliteite sal nou voordeel trek uit groter deursigtigheid in besluite oor die vasstelling van elektrisiteitstariewe:
3 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regulasies moet verander om kleinsake te finansier

Die Bank van Namibië het 'n eerste seminaar in 'n reeks aangebied, getitel “Korporatiewe Bestuur as 'n Pilaar van Vertroue: Versterking van Raadleierskap om Finansiële Stabiliteit te Beskerm en Openbare Vertroue te Verhoog”. Die seminare is gemik op besighede, banke en regulerende liggame en sal belanghebbendes van verskeie industrieë bymekaarbring…
27 Apr 4AM 1 min

Ntuli sê hy sal self borg vir verdagtes in Monswamy-moorde teenstaan

KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, sê die regering gaan môre in die KwaDukuza-landdroshof borgtog teenstaan vir drie verdagtes wat aangekeer is vir die moord op sewe lede van die Monswamy-familie. Ntuli het tydens die massabegrafnis bevestig die polisie het die voertuig gevind wat met die saak verband word en soek…
27 Apr 4AM 1 min

Lof vir Stanford se Seed-program

Die Stanford Graduate School of Business het deur sy mentorskap ‘Seed’-program 'n beroep op Namibiese besighede gedoen om aansoek te doen vir sy 2026-program, wat 'n tien-maande lange reis van wêreldklasopleiding, plaaslike werkswinkels en netwerkvorming bied. Die inisiatief het reeds agt plaaslike firmas gehelp om verlede jaar 351 miljoen Namibiese…
27 Apr 3AM 1 min

Pirate heel bo in Premierliga

Orlando Pirates het sy plek boaan die Premierskap behou ná 'n taai gelykop-stryd van een-elk teen Kaizer Chiefs in 'n uitverkoopte Soweto-derby op die FNB-stadion. Mamelodi Sundowns het 'n kans misgeloop om bo uit te kom ná 'n doellose gelykoptelling teen Richards Bay op die uMhlathuze-stadion. Pirates het tans 59…
27 Apr 3AM 1 min

Goeie rade maak vir beter bestuur

Die Bank van Namibië het sy eerste seminaar in ‘n reeks aangebied, onder die tema "Korporatiewe Bestuur as 'n Pilaar van Vertroue - Versterking van Raadsleierskap om Finansiële Stabiliteit te Beskerm en Openbare Vertroue te Verhoog." Die seminare sal die ontwikkelende rol van rade, bestuurspraktyke, raadsbestuur, diversiteit en hoë rade-aandeelhouerverwagtinge…
27 Apr 2AM 1 min