NamPol het 'n aanlyn-werkswinkel gehou oor toenemende kindermishandeling. Dit rus beamptes en belanghebbendes toe met die vaardighede om hierdie misdade op te spoor, te ondersoek en te voorkom. Volgens die polisie het die migrasie na aanlyn aktiwiteite, veral op sosiale media-platforms, nuwe deure oopgemaak vir misdadigers wat kwesbare kinders teiken…
Die vakbondfederasie Cosatu sê die gebrek aan 'n sterk stimuluspakket en die besnoeiing aan die presidensiële indiensnemingsprogram verswak pogings om werkloosheid te bekamp. Die federasie sê hoewel daar befondsing vir sommige openbare dienste en infrastruktuur is, is dit nie genoeg om werksgeleenthede te bevorder of herstel te ondersteun nie. Matthew…
Die ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool, Raymond Parsons, sê die volle impak van onlangse brandstofprysverhogings, hoër elektrisiteitstariewe en belasting sal eers in die komende maande gevoel word. Hy waarsku inflasie kan tydelik tot bo 4 persent styg voor dit geleidelik sal daal na die teiken van 3 persent. Hy…
Iran sê dis onmoontlik om die Straat van Hormuz te heropen terwyl die Amerikaanse vlootversperring voortgaan aangesien dit 'n blatante skending van die skietstilstandooreenkoms is. Iran se Rewolusionêre Wag het gister twee vaartuie in die Straat geannekseer, wat gewoonlik deurgang bied aan een-vyfde van die wêreld se olie en natuurlike…
Ten spyte daarvan dat inwoners van Gobabis in Januarie al ernstige kommer uitgespreek het oor voortdurende rioolprobleme en die agteruitgang van oop stortingsterreine in die dorp, duur die probleem onverpoosd voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die Gobabis-gemeenskapsaktivis Lehana Nel gesels, wat 'n ope brief geskryf het wat aan verskeie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.