Aktualiteit: Mike Bolhuis oor spiking-insidente en algemene padveiligheid hierde Feesseisoen

Loading player...
Motoriste op hoofroetes in en om Pretoria leef toenemend in vrees ná herhaalde voorvalle van voertuig-“spiking” wat reeds lewens geëis het. Nog ’n voorval is onlangs op die N1 aangemeld, en volgens privaat speurder Mike Bolhuis is dit deel van ’n goed-georganiseerde en uiters gevaarlike misdaadpatroon. Hy sluit nou by ons aan om meer lig te werp op hoe hierdie sindikate werk, waar die grootste risiko’s lê en wat motoriste prakties kan doen om hulself te beskerm.
17 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: C - Chiropraktisyn (Dr Sindi Ludik)

Vandag by ABC van Ouerskap fokus ons op die letter “C” – vir chiropraktisyn! Baie ouers wonder hoe chiropraktiese sorg swanger mamma’s, babas en kinders kan ondersteun. Ons gesels vandag met Dr Sindi Ludik van OrthoLifestyle oor die rol wat chiropraktisyns kan speel in gesinsgesondheid – van swangerskap tot tienerjare.
19 May 5AM 9 min

Snoete-goete: Bedreigde spesiedag

Vandag, op Bedreigde Spesiesdag, fokus ons op die ongelooflike diere wat wêreldwyd onder druk verkeer – ook hier in Suid-Afrika. Van renosters en pangolins tot aasvoëls en wildehonde: elke spesie speel ’n belangrike rol in ons ekosisteem. Sarina gesels met Bonne de Bod, bekende wildlewe televisieaanbieder en vervaardiger, oor bewaring,…
15 May 6AM 10 min

VERSKILMAKERS: Helpende Hand Vrywilligers

Solidariteit Helpende Hand het verskeie takke regoor Suid-Afrika en is uiters afhanklik van vrywilligers om hul werksaamhede te ondersteun. Mariana Kriel van Helpende Hand vertel ons meer.
14 May 5AM 9 min

ABC van Ouerskap: B - Borsvoeding (Natascha Olivier)

Borsvoeding is baie meer as net voeding: dit is ook troos, beskerming, ‘n band tussen jou en jou kind, en ‘n belangrike belegging in jou kind se gesondheid en ontwikkeling. Dit is ook belangrik om te sê dat hierdie gesprek nie gaan oor oordeel of skuldgevoelens vir ma’s wat formule…
12 May 4AM 13 min

Wêreldwagwoorddag - Prof Basie von Solms

7 Mei is Wêreldwagwoorddag—’n goeie herinnering dat ons digitale veiligheid by iets so eenvoudig soos ’n wagwoord begin. Met kubermisdaad wat wêreldwyd toeneem, is dit belangriker as ooit om seker te maak jou aanlyn profiele is beskerm. Ons gesels vandag met Basie von Solms, een van Suid-Afrika se voorste kubersekuriteitskenners,…
8 May 7AM 8 min