Bryanston se gekaapte eiendomme in Jhb se visier

Loading player...
Die Stad Johannesburg het ingrypings teen beweerde eiendomskaping, onwettige besetting en grondgebruik in die Bryanston-omgewing verskerp. Dit volg na wetstoepassingsowerhede op twee eiendomme in Bryanston-rylaan toegeslaan het waar beweerde onregmatige bedrywighede plaasgevind het. Die metro se woordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê immigrasiebeamptes het twee bewoners, een van elke eiendom, gearresteer omdat hulle ongedokumenteerde buitelandse burgers is:
13 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA sê minister moet afgedank word na motorskandaal

ActionSA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, onmiddellik af te dank. Dit volg op 'n Daily Maverick-verslag wat beweer dat sy onverklaarde geskenke van drie Chinese sportnutsvoertuie ter waarde van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang het. Dereleen James van ActionSA sê sy…
15 Apr 4AM 1 min

Midde-Ooste: Guterres sê politieke wil nodig vir vrede

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê sonder selfbeheersing versprei onbestendigheid, wantroue verdiep en konflikte raak buite beheer. Hy sê dis 'n situasie wat oral van toepassing is, maar tans veral op die konflik in die Midde-Ooste. Die konflik het dood en verwoesting reg oor die streek veroorsaak, terwyl…
15 Apr 4AM 1 min

Gauteng-polisie moet skerper optree teen vuurwapens

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die oproep vir 'n vuurwapenvrye provinsie hernu na 'n toename in gewelddadige skietvoorvalle. Dit kom na die dood van 'n munisipale werknemer in Vanderbijlpark, en 'n sakeman en sy sekuriteitswag wat noodlottig in Ormonde geskiet is. Die voorsitter van die komitee, Bandile…
15 Apr 3AM 1 min

Israel en Libanon praat weer vandag

Israel en Libanon het ooreengekom om regstreekse onderhandelinge voort te sit. Die twee lande het Dinsdag hulle eerste diplomatieke gesprekke in meer as drie dekades gevoer na bemiddeling deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in ʼn poging om gevegte tussen Israel en die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep te beëindig…
15 Apr 3AM 1 min

Beskerming en benutting van biologiese hulpbronne in die soeklig

Die omgewingsministerie het 'n beroep gedoen op streng afdwinging van die raamwerk vir toegang en voordeel-deling om Namibië se biologiese hulpbronne te benut en te beskerm. Uitvoerende direkteur in die ministerie, Sikongo Haihambo, het tydens 'n toegang-en-voordeeldeling-opleidingsessie onthul dat Namibië se biohandelsektor 4,5 persent tot die nasionale ekonomie bydra, met…
15 Apr 2AM 1 min