Michael Carrick sal Man U lei

Loading player...
Die gewese speler, Michael Carrick, is tot die einde van die seisoen as Manchester United se waarnemende hoofafrigter aangestel. Dit volg nadat Ruben Amorim die span op 5 Januarie ná 14 maande verlaat het. Die 44-jarige Carrick was vir drie wedstryde United se tydelike afrigter nadat Ole Gunnar Solskjaer in 2021 afgedank is. Carrick, wie se eerste wedstryd as hoofafrigter Saterdag teen Manchester City is, sê dis ʼn eer om United te lei:
14 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA sê minister moet afgedank word na motorskandaal

ActionSA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, onmiddellik af te dank. Dit volg op 'n Daily Maverick-verslag wat beweer dat sy onverklaarde geskenke van drie Chinese sportnutsvoertuie ter waarde van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang het. Dereleen James van ActionSA sê sy…
15 Apr 4AM 1 min

Midde-Ooste: Guterres sê politieke wil nodig vir vrede

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê sonder selfbeheersing versprei onbestendigheid, wantroue verdiep en konflikte raak buite beheer. Hy sê dis 'n situasie wat oral van toepassing is, maar tans veral op die konflik in die Midde-Ooste. Die konflik het dood en verwoesting reg oor die streek veroorsaak, terwyl…
15 Apr 4AM 1 min

Gauteng-polisie moet skerper optree teen vuurwapens

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die oproep vir 'n vuurwapenvrye provinsie hernu na 'n toename in gewelddadige skietvoorvalle. Dit kom na die dood van 'n munisipale werknemer in Vanderbijlpark, en 'n sakeman en sy sekuriteitswag wat noodlottig in Ormonde geskiet is. Die voorsitter van die komitee, Bandile…
15 Apr 3AM 1 min

Israel en Libanon praat weer vandag

Israel en Libanon het ooreengekom om regstreekse onderhandelinge voort te sit. Die twee lande het Dinsdag hulle eerste diplomatieke gesprekke in meer as drie dekades gevoer na bemiddeling deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in ʼn poging om gevegte tussen Israel en die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep te beëindig…
15 Apr 3AM 1 min

Beskerming en benutting van biologiese hulpbronne in die soeklig

Die omgewingsministerie het 'n beroep gedoen op streng afdwinging van die raamwerk vir toegang en voordeel-deling om Namibië se biologiese hulpbronne te benut en te beskerm. Uitvoerende direkteur in die ministerie, Sikongo Haihambo, het tydens 'n toegang-en-voordeeldeling-opleidingsessie onthul dat Namibië se biohandelsektor 4,5 persent tot die nasionale ekonomie bydra, met…
15 Apr 2AM 1 min