ActionSA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, onmiddellik af te dank. Dit volg op 'n Daily Maverick-verslag wat beweer dat sy onverklaarde geskenke van drie Chinese sportnutsvoertuie ter waarde van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang het. Dereleen James van ActionSA sê sy…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê sonder selfbeheersing versprei onbestendigheid, wantroue verdiep en konflikte raak buite beheer. Hy sê dis 'n situasie wat oral van toepassing is, maar tans veral op die konflik in die Midde-Ooste. Die konflik het dood en verwoesting reg oor die streek veroorsaak, terwyl…
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die oproep vir 'n vuurwapenvrye provinsie hernu na 'n toename in gewelddadige skietvoorvalle. Dit kom na die dood van 'n munisipale werknemer in Vanderbijlpark, en 'n sakeman en sy sekuriteitswag wat noodlottig in Ormonde geskiet is. Die voorsitter van die komitee, Bandile…
Israel en Libanon het ooreengekom om regstreekse onderhandelinge voort te sit. Die twee lande het Dinsdag hulle eerste diplomatieke gesprekke in meer as drie dekades gevoer na bemiddeling deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in ʼn poging om gevegte tussen Israel en die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep te beëindig…
Die omgewingsministerie het 'n beroep gedoen op streng afdwinging van die raamwerk vir toegang en voordeel-deling om Namibië se biologiese hulpbronne te benut en te beskerm. Uitvoerende direkteur in die ministerie, Sikongo Haihambo, het tydens 'n toegang-en-voordeeldeling-opleidingsessie onthul dat Namibië se biohandelsektor 4,5 persent tot die nasionale ekonomie bydra, met…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.