DA sê Lamola moet Iran by VN aangee oor mensregte vergrype

Loading player...
Die DA doen 'n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om Iran by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te gee oor die gewelddadige onderdrukking van burgerlike protesoptogte, wat na bewering reeds tot die dood van duisende mense gelei het. Die party sê die regering staan voor 'n morele toets en moet teen hierdie vergrype optree. Ryan Smith van die DA sê Suid-Afrika het 'n plig om vryheid en menseregte te verdedig en moet outokratiese regimes kritiseer:
15 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min

Navorser skiet staande komitee se in-situ uraan-verslag af

Die navorser Christie Keulder van Survey Warehouse het ‘n assessering gedoen van die parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne se verslag wat aanbeveel dat Headspring Investments en Uranium One met in-situ uraan-eksplorasie in die Omaheke-streek voortgaan. Die verslag voldoen nie aan die bepalings van ‘n oorsig-verslag nie. Christie Keulder, hoofnavorser…
13 Apr 10AM 1 min