Namibiese navorsing internasionaal geloof

Loading player...
Reaksie word ontvang op die Namibiese ekoloog, dr. Saima Shikesho, se studie oor die rol van swartrugjakkalse in die verspreiding van !nara-sade wat as die Navorsingstuk van die Jaar vir 2024 aangewys is deur die Zoological Society of London se Journal of Zoology. Volgens kenners kan die eer nog vele Namibiërs toekom, want daar is nog baie om te bestudeer en te ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, professor Morgan Hauptfleisch gepraat.
20 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC en SAKP se steun sal beide daal - ontleder

Politieke ontleders voorspel dat beide die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party waarskynlik nie verkiesings sal wen nie as gevolg van verdeelde kiesersteun in die komende plaaslike regeringsverkiesings na mislukte alliansiegesprekke. Die politieke ontleder, Zamo Mbandlwa sê beide partye se steun kom uit dieselfde kiesersbasis, wat die fragmentasie verhoog. Hy…
13 Apr 2AM 1 min

Sinner verslaan Alcaraz vir eerste Monte-Carlo Meesters-titel

Die Italianer Jannik Sinner het die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Monte-Carlo Meesters-titel gebuit. Hy is nou weer die wêreld se nommer een. Hy het die Spanjaard verslaan en sy derde Meesters 1000-titel opgeraap nadat hy ook by Indian Wells en Miami geseëvier het. Hy het sy…
13 Apr 2AM 1 min

McIlroy verdedig Augusta-titel suksesvol

Rory McIlroy van Noord-Ierland het sy Meesters-titel suksesvol verdedig en slegs die vierde speler geword wat die Augusta-Nasionaal twee keer na mekaar kon wen. Die 36-jarige speler het halfpad ʼn geskiedkundige voorsprong van ses houe gehad, maar was in ʼn dramatiese laaste ronde twee houe agter. Hy het egter op…
13 Apr 1AM 1 min

DA-leier Hill-Lewis stel vierpuntplan bekend

Die pas verkose DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê hy glo sterk die party kan Suid-Afrika lei en die grootste party in die nasionale regering word. Hy is gister by die DA se verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, verkies en volg John Steenhuisen op, wat verkies het om nie herverkies te word nie…
13 Apr 1AM 1 min

Weerdiens waarsku oor beduidende weerstelsel

Die Namibiese Meteorologiese Diens volg 'n beduidende weerstelsel wat oor die sentrale en suidelike binneland beweeg, met 'n 100 persent waarskynlikheid van donderbuie vir Windhoek en Keetmanshoop. Kosmos 94.1 Nuus het Albertina Anderson, 'n meteoroloog by die Windhoek-kantoor, om ‘n weervooruitsig genader:
13 Apr 1AM 1 min