Oorbelaste transmissielyne hou elektrisiteitshandel terug

Loading player...
Van die vyf streekskragpoele wat oor die vasteland gevestig is, staan die Suider-Afrikaanse Kragpoel uit as die mees gevorderde en suksesvolle. Die poel se voortgesette sukses en groei in elektrisiteitshandel word egter beperk deur oorbelaste transmissielyne binne die SAOG-streek, volgens die State of Africa Energy Outlook Report, wat deur die African Energy Chamber opgestel is. Boonop beperk dit belegging in kragopwekking in lande met oorvloedige natuurlike bronne, soos Namibië. Tans kan die reguleerder in Namibië nie opwekkingslisensies vir uitvoer goedkeur nie, aangesien die land nie genoeg hoëspanning-transmissielyne het om krag na die poel vir verhandeling te stuur nie. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner Harald Schütt gepraat.
20 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC en SAKP se steun sal beide daal - ontleder

Politieke ontleders voorspel dat beide die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party waarskynlik nie verkiesings sal wen nie as gevolg van verdeelde kiesersteun in die komende plaaslike regeringsverkiesings na mislukte alliansiegesprekke. Die politieke ontleder, Zamo Mbandlwa sê beide partye se steun kom uit dieselfde kiesersbasis, wat die fragmentasie verhoog. Hy…
13 Apr 2AM 1 min

Sinner verslaan Alcaraz vir eerste Monte-Carlo Meesters-titel

Die Italianer Jannik Sinner het die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Monte-Carlo Meesters-titel gebuit. Hy is nou weer die wêreld se nommer een. Hy het die Spanjaard verslaan en sy derde Meesters 1000-titel opgeraap nadat hy ook by Indian Wells en Miami geseëvier het. Hy het sy…
13 Apr 2AM 1 min

McIlroy verdedig Augusta-titel suksesvol

Rory McIlroy van Noord-Ierland het sy Meesters-titel suksesvol verdedig en slegs die vierde speler geword wat die Augusta-Nasionaal twee keer na mekaar kon wen. Die 36-jarige speler het halfpad ʼn geskiedkundige voorsprong van ses houe gehad, maar was in ʼn dramatiese laaste ronde twee houe agter. Hy het egter op…
13 Apr 1AM 1 min

DA-leier Hill-Lewis stel vierpuntplan bekend

Die pas verkose DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê hy glo sterk die party kan Suid-Afrika lei en die grootste party in die nasionale regering word. Hy is gister by die DA se verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, verkies en volg John Steenhuisen op, wat verkies het om nie herverkies te word nie…
13 Apr 1AM 1 min

Weerdiens waarsku oor beduidende weerstelsel

Die Namibiese Meteorologiese Diens volg 'n beduidende weerstelsel wat oor die sentrale en suidelike binneland beweeg, met 'n 100 persent waarskynlikheid van donderbuie vir Windhoek en Keetmanshoop. Kosmos 94.1 Nuus het Albertina Anderson, 'n meteoroloog by die Windhoek-kantoor, om ‘n weervooruitsig genader:
13 Apr 1AM 1 min