Die landbouministerie het vanoggend sy begroting in die parlement ter tafel gelê. Die totale begroting vir die ministerie is 1,8 miljard Namibiese dollar. Lynminister Inge Zaamwani het die befondsing om bek-en-klouseer plaaslik te verhoed uiteengesit sowel as die begroting vir grondhervorming.
Die IPC skop steeds vas teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Petroleum wat olie- en gasbeheer onder die president se kantoor sal sentraliseer. Partypresident Panduleni Itula sê, ten spyte van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ontkenning, dui haar seuns se sakebande met Nasan Energies se medestigter, Miguel Hamutenya, daarop dat die eerste…
Die Tshwane-metropolisie se adjunkhoof, Umashi Dlamini, sê hy het geweier om die geskorste sersant van Gauteng se Georganiseerde Misdaadeenheid, Fannie Nkosi, by te staan met tenderaansoeke vir sy broer weens 'n belangebotsing. Hy het voor die Madlanga-kommissie bevestig daar was 'n langdurige verhouding met Nkosi, maar ontken besprekings rondom stadsverwante…
Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, het die Kongres gevra vir ʼn openbare verhoor om beëdigde verklarings aan te hoor van die ontslape seksoortreder Jeffrey Epstein se slagoffers. Talle slagoffers van Epstein en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell, het in September verlede jaar die Huis se oorsigkomitee gevra om die oortreders aanspreeklik…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Nicholas Mukasa as die tweede adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië aangestel, met ingang van 1 Mei. Hy vervang Ebson Uanguta wat as goewerneur aangestel is en sal by Leonie Dunn in die rol aansluit. Mukasa sal 'n sentrale rol speel om die goewerneur te ondersteun…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.