VSA wen die oorlog - Hegseth

Loading player...
Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag op 'n perskonferensie gesê die VSA wen die oorlog teen Iran, maar het nie 'n tydlyn verskaf oor wanneer die oorlog sal eindig nie. Hy het beklemtoon dat president Donald Trump daaroor sal besluit, en erken dat Israel sy eie doelwitte in die konflik het. Hegseth sê dat Amerika Dinsdag die mees intense aanvalle nog op Iran uitgevoer het.
10 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se prysmeganisme vir brandstof word hersien

Die departement van Minerale en Petroleumhulpbronne sê hy hersien die plaaslike brandstofprysmeganisme en die proses sal einde Maart 2027 afgehandel wees. Die regering het verlede week die algemene brandstofheffing tydelik met 3 Suid-Afrikaanse rand per liter verlaag om verbruikers tegemoet te kom te midde van skerp brandstofprysstygings wêreldwyd weens die…
8 Apr 3AM 1 min

Sky se Mark Stone gesels met Trump oor Iran se plan

Wenkbroue lig in internasionale sirkels oor die tienpunt-plan wat Iran voorgestel het vir die skietstilstand en wat die VSA voorwaardelik aanvaar het. Die plan stel die maksimum vereistes voor soos onder andere, Iran se volgehoue beheer van die Straat van Hormuz, die opheffing van alle sanksies, die onttrekking van Amerikaanse…
8 Apr 3AM 1 min

Konstruksiebedryf vertoon effe beter

Die konstruksiebedryf het groei van 20,2 persent aangeteken in 2025. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is dit aangedryf deur siviele werke, en konstruksie het ook vermeerder. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië gekry.
8 Apr 3AM 1 min

Outa het kommer oor gapings in LP's se etiese reëls

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die parlement se voorgestelde etiese reëls het steeds leemtes wat lede van die Parlement kan toelaat om aanspreeklikheid te vermy. Die organisasie waarsku dat parlementslede onder die huidige voorstelle kan bedank voordat ondersoeke voltooi is, met klagtes wat aan die einde van 'n parlementêre termyn…
8 Apr 3AM 1 min

Ministerie sal weer in Zambezi teen sprinkane besproei na oorstromings

Die landbouministerie het ‘n opdatering gegee rakende die sprinkaan-uitbreking in die Zambezi-streek wat sedert Januarie vanjaar woed. Besproeiing, beide deur grondspanne en met hommeltuie is reeds toegepas tot die oorstromings in die streek in begin Maart. Woordvoerder Romeo Muyunda sê 32 896 hektaar het behandeling nodig waarvan 7 124 hektaar…
8 Apr 2AM 1 min