Snoete-goete: kan jou troeteldier saam emigreer?

Loading player...
Wanneer mense verhuis of selfs net met vakansie gaan, is dit nie net die tasse wat saam moet kom nie – ons troeteldiere is deel van die familie. Maar om met ’n hond, kat of selfs ’n voëltjie te reis, veral internasionaal, behels baie reëls, dokumentasie en soms selfs kwarantyn. Vandag gesels ons met Yvette Stark en Bianca Verster van Petport, ‘n geregistreerde troeteldier-reismaatskappye, oor hoe die proses werk en wat troeteldiereienaars moet weet voordat hulle met hul viervoetige vriende reis.
13 Mar 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Jy is BROODNODIG-veldtog

Ons almal weet hoe belangrik ’n vol magie en ’n veilige hawe vir ’n kind se toekoms is. Vandag gesels ons oor ’n projek wat presies dít bied – Solidariteit Helpende Hand se Broodnodig-projek. Deur kleuterskole en naskoolsentrums regoor die land te ondersteun, sorg hierdie inisiatief dat honderde kwesbare kinders…
12 Nov 5AM 9 min

Aktualiteit: Vuurwapens vir selfverdediging dalk iets van die verlede

Te midde van toenemende kommer oor plaasaanvalle en geweld teen landelike gemeenskappe, is daar nou ook ’n hewige debat oor die voorgestelde wysigings aan Suid-Afrika se Vuurwapenbeheerwet. Civil Society South Africa (CSSA) waarsku dat die regering se plan om selfverdediging as geldige rede vir ’n vuurwapenlisensie te skrap, wetsgehoorsame burgers…
11 Nov 3AM 14 min

ABC van Ouerskap: X - (e)X-familie

Gesinne lyk vandag nie meer almal dieselfde nie. Wanneer ouers uit vorige verhoudings nuwe lewens saam begin, ontstaan daar saamgestelde gesinne – met nuwe rolle, verhoudings, verwagtinge en soms ook heelwat emosies. Hoe bou ’n mens ’n nuwe gesin sonder om bestaande bande te benadeel? En hoe sorg jy dat…
10 Nov 3AM 13 min

Anderkant die water - Ronel du Plessis getuienis

Daar is oomblikke in die lewe wat alles wat jy ken, vir altyd verander. Oomblikke waarna niks ooit weer dieselfde kan wees nie. In ’n besonder roerende gesprek het ons met Ronel du Plessis gesels oor die ondenkbare verlies van haar en Jannie se seuntjie, Jan-Nathaniël, en die pad van…
5 Nov 6AM 18 min

VERSKILMAKERS: Pharos gemeenskaspsentrum

Pharos maak ’n verskil in die lewens van individue en gesinne wat ondersteuning nodig het, met projekte wat daarop fokus om praktiese hulp en hoop te bring. Van kos en Kersfeespakkies tot skryfbehoeftes vir kinders uit minderbevoorregte gesinne – Pharos probeer mense op ’n waardige manier ondersteun. Ons gesels vandag…
5 Nov 3AM 8 min