Outa waarsku oor chaos vir sperdatum vir registrasie van sonkragstelsels

Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê verwarring oor Eskom se sperdatum van 31 Maart vir die registrasie van sonkragstelsels verhoed huishoudings om te voldoen. Die organisasie beweer die nutsmaatskappy en sommige munisipaliteite stel duplikaatvereistes in wat verder strek as bestaande wetgewing, koste verhoog en onsekerheid skep. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê huiseienaars met geldige veiligheidsertifikate moet nie in onnodige prosesse gedwing word nie, en dreigemente van afsluiting is onregverdig:
19 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC se ondersteuning daal verder, onder 40%

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die publiek het vertroue in die party verloor. 'n Onlangse opname deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, toon dat die ANC se steun onder alle stemgeregtigde kiesers in die land nou op 33-persent staan. 'n Opname deur die Maatskaplike Navorsingstigting stel die party se…
7 Apr 4AM 1 min

Trump sê VSA kan Iran in een dag vernietig

President Donald Trump van Amerika sê Iran kan in een nag vernietig word as hy nie ʼn ooreenkoms bereik voor die sperdatum wat Trump vir die opening van die Straat van Hormuz gestel het nie. Hy het gister by die Withuis dreigemente herhaal om Iran se brûe en kragaanlegte aan…
7 Apr 4AM 1 min

Huldeblyke stroom in vir Uerikua

Huldeblyke stroom steeds in vir Swapo-parlementslid James Uerikua wat oor die naweek saam met sy 14-jaarige seun in 'n motorongeluk gesterf het. Uerikua word deur politici geprys as 'n toegewyde leier wat 'n blink toekoms gehad het. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-Swapolid en LP Willem Amutenya gepraat.
7 Apr 3AM 1 min

Witskrif oor burgerskap en immigrasie onder die loep in SA

South Africans for Constitutional Reforms sê die hersiene Witskrif oor burgerskap en immigrasie is daarop gemik om beide Suid-Afrikaners en migrante te beskerm. Na kabinetsgoedkeuring sal die beleid bestaande wette binne 'n enkele raamwerk saamvoeg. Die veranderinge stel maatreëls bekend, insluitend die beginsel van die eerste veilige land vir asielsoekers,…
7 Apr 3AM 1 min

Kerke moet toetree in stryd teen korrupsie - Boesak

Die anti-apartheidsaktivis Allan Boesak sê die kerk moet 'n sterker standpunt teen korrupsie inneem terwyl die Madlanga-kommissie sy verhore hervat. Boesak het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika gewaarsku 'n sameswering van stilswye het toegelaat het dat wangedrag voortduur, en hy het 'n beroep gedoen op verantwoordbaarheid en morele leierskap…
7 Apr 3AM 1 min