Die DA sê hy is steeds verbind tot nie-rassigheid met hernude vrae oor sy rasseboodskap kort voor sy federale kongres. Woordvoerder Luyolo Mphithi het die uitgaande leier John Steenhuisen geloof vir die bevordering van inklusiewe leierskap en jeugverteenwoordiging. Mphithi het aan Newzroom Afrika gesê die party se regeringsrekord weerspieël dienslewering…
Amerika se president Donald Trump het Sondag tydens tradisionele Paaseier-aktiwiteite by die Withuis aan die media gesê as dit van hom afgehang het, sou hy die oorlog teen Iran voortsit om die olie te kry en ‘n klomp geld te maak. Maar, om die Amerikaanse publiek gelukkig te hou, sal…
Die Parlement bevraagteken of Namibië korrupsie werklik as verraad kan beskou, soos verklaar deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah, midde kommer oor die begroting van die Teenkorrupsie Kommissie. Die ACC het 'n begroting van 109 miljoen Namibiese dollar vir 2026/2027 ontvang, insluitend 89 miljoen dollar vir bedrywighede en ongeveer 4,6 miljoen dollar…
Limpopo se departement van gesondheid het bevestig die oorlewende baba van die onlangs-geskeide Siamese tweeling is van die Mankweng-hospitaal na die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gevlieg vir spesialissorg. Premier Phophi Ramathuba se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê die besluit volg ná raadpleging tussen Ramathuba en die minister van gesondheid,…
Die nuut-aangestelde kommissaris van die Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê dit mag nodig wees om belasting-invorderingspogings te verskerp om te vergoed vir 'n inkomstetekort van bykans ses miljard rand per maand nadat die brandstofheffing verlaag is. Dit is gedoen om druk op verbruikers te verlig ná skerp stygings in brandstofpryse. Makhuba…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.