
Kabinet veroordeel Nigeriër as hoofman in KuGompo
Loading player...
Die kabinet het die aankondiging van die kroning van 'n Nigeriër as hoofman in KuGompo-stad in die Oos-Kaap veroordeel en sê dit is onregmatig en sonder regsgronde. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê tradisionele leierskap word streng gereguleer kragtens die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Die kabinet neem kennis van die verskoning van die Nigeriese Hoë Kommissaris en bepleit voortgesette diplomatieke betrokkenheid. Sy waarsku teen geweld wat met die voorval verband hou:

