
Artemis II maak reg vir 40 minute se tjoepstilte
Loading player...
Artemis-ruimtevaarders maak vandag opnuut geskiedenis wanneer hulle vir 40 minute stoksielalleen op hul maanreis gaan wees. Ondanks konstante kontak met sendingbeheer in Houston, sal dié verbinding tydelik verbreek word wanneer die ruimtetuig agter die Maan verbybeweeg. Die presiese tyd moet nog deur Houston bevestig word, maar behoort omstreeks twee-uur Namibiese tyd te wees. Hul reis, die verste wat mense nog ooit van die aarde was, bied sielvolle insigte, sê ruimtevaarder Victor Glover:

