Walvis Bay Salt Holdings het geskiedenis gemaak as Namibië se eerste amptelike uitvoerder onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms. Die maatskappy het 45 000 ton tafelsout en grootmaat-sout na Nigerië verskeep. Adjunk-besturende direkteur Bernard Grove het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié mylpaal en die geleenthede wat dit vir plaaslike uitvoerders…
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië verwelkom ’n positiewe internasionale beoordeling van die land se reisveiligheid, met Namibië wat vir 2027 onder die wêreld se laerisiko-bestemmings gereken word. Volgens die jongste risikokaart van die sekuriteitsfirmas Safeture en Riskline, word Namibië as net so veilig beskou om te besoek as lande soos Duitsland,…
Nigerië se aangewese hoof van sending in Suid-Afrika, Olufemi Adewumi Fani-Kayode, het sy land se verbintenis tot die versterking van bilaterale betrekkinge herbevestig. Fani-Kayode het sy geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa in Tshwane oorhandig en die twee lande as geskiedkundige vriende en belangrike Afrika-vennote beskryf. Hy sê nouer samewerking tussen…
SMEs Compete-stigter Danny Meyer verwelkom die nuwe Usakos-kleinsakepark van 12,65 miljoen Namibiese dollar. Hy sê dat sulke fasiliteite tydelike broeikaste vir ondernemings moet wees, eerder as permanente goedkoop huurpersele. Hy sê dat entrepreneurs hul ondernemings moet kan uitbrei en uiteindelik hul eie persele moet kan koop. Hy maan owerhede ook…
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het 'n dringende beroep op die regering gedoen om voedselhulpprogramme in landelike gemeenskappe in werking te stel wat deur die bek-en-klouseerkrisis geraak is. Hy waarsku dat talle huishoudings reeds voedseltekorte ervaar weens die langdurige ontwrigting van die veebedryf.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.