
Toerisme: Namibië onder wêreld se laerisiko-bestemmings
Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië verwelkom ’n positiewe internasionale beoordeling van die land se reisveiligheid, met Namibië wat vir 2027 onder die wêreld se laerisiko-bestemmings gereken word. Volgens die jongste risikokaart van die sekuriteitsfirmas Safeture en Riskline, word Namibië as net so veilig beskou om te besoek as lande soos Duitsland, Spanje en Amerika. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê egter meer moet gedoen word om rooftogte op toeriste hok te slaan.

