Boko vra beter samewerking in handelskorridors

Loading player...
Botswana se president, Duma Boko, het oproepe vir groter samewerking en oop handelskorridors regoor die SAOG-streek herhaal teneinde streekshandel te bevorder. In 'n onderhoud met die SABC sê Boko lande moet wegbeweeg van afsondering en eerder op hul gesamentlik voordele voortbou. Hy het beklemtoon dat die uitbreiding van streeksverbindings noodsaaklik is om intra-Afrika-handel te verhoog en die voordele van die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied te benut:
23 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvis Bay Salt Holdings maak geskiedenis met sout na Nigerië

Walvis Bay Salt Holdings het geskiedenis gemaak as Namibië se eerste amptelike uitvoerder onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms. Die maatskappy het 45 000 ton tafelsout en grootmaat-sout na Nigerië verskeep. Adjunk-besturende direkteur Bernard Grove het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié mylpaal en die geleenthede wat dit vir plaaslike uitvoerders…
15 Nov 5AM 1 min

Toerisme: Namibië onder wêreld se laerisiko-bestemmings

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië verwelkom ’n positiewe internasionale beoordeling van die land se reisveiligheid, met Namibië wat vir 2027 onder die wêreld se laerisiko-bestemmings gereken word. Volgens die jongste risikokaart van die sekuriteitsfirmas Safeture en Riskline, word Namibië as net so veilig beskou om te besoek as lande soos Duitsland,…
15 Nov 3AM 1 min

Nigerië soek nouer samewerking met SA

Nigerië se aangewese hoof van sending in Suid-Afrika, Olufemi Adewumi Fani-Kayode, het sy land se verbintenis tot die versterking van bilaterale betrekkinge herbevestig. Fani-Kayode het sy geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa in Tshwane oorhandig en die twee lande as geskiedkundige vriende en belangrike Afrika-vennote beskryf. Hy sê nouer samewerking tussen…
15 Nov 2AM 1 min

'Usakos-kleinsakepark moet tydelike broeikas vir ondernemings wees'

SMEs Compete-stigter Danny Meyer verwelkom die nuwe Usakos-kleinsakepark van 12,65 miljoen Namibiese dollar. Hy sê dat sulke fasiliteite tydelike broeikaste vir ondernemings moet wees, eerder as permanente goedkoop huurpersele. Hy sê dat entrepreneurs hul ondernemings moet kan uitbrei en uiteindelik hul eie persele moet kan koop. Hy maan owerhede ook…
15 Nov 1AM 1 min

BKS: Regering moet inspring, mense ly honger

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het 'n dringende beroep op die regering gedoen om voedselhulpprogramme in landelike gemeenskappe in werking te stel wat deur die bek-en-klouseerkrisis geraak is. Hy waarsku dat talle huishoudings reeds voedseltekorte ervaar weens die langdurige ontwrigting van die veebedryf.
15 Nov 12AM 1 min