
BKS: Meer as 90% van beeskudde in SA ingeënt
Loading player...
Meer as 90 persent van die nasionale beeskudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt. Dit oortref die regering se teiken van 80 persent, nog voor die sperdatum in Desember. Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê meer as 22 miljoen dosisse entstof is deur gesamentlike pogings in die sektor versprei, terwyl skraagdosisse toegedien word om immuniteit te handhaaf. Volgens Aucamp het nuwe uitbrekings aansienlik afgeneem. Hy doen ’n beroep op boere om steeds streng biosekerheidsmaatreëls toe te pas om verdere verspreiding van die siekte te voorkom:

