Die jaarlikse Rough & Tough Rally bereik eerskomende Saterdag sy einde ná ’n uitdagende roete van sowat 1 000 kilometer deur Damaraland. Die byeenkoms bring klassieke motor-entoesiaste bymekaar, met die doel om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen:
Met maksimum temperature van 31 grade in Windhoek, 34 in Ondangwa en 39 in Keetmanshoop, kan Namibiërs vandag ook op 'n bietjie reën en verligting van die hitte hoop. Weerkenner George van der Merwe sê vroeë somer-donderbuie word oor sentraal-, noordelike en noordoostelike Namibië verwag, met moontlik swaar neerslae wat…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sommige amptenare van die gesondheidsministerie word deur die Teenkorrupsiekommissie ondersoek te midde van voortslepende medisyne tekorte by staatshospitale en klinieke. Sy het tydens 'n dorpsvergadering in Swakopmund gesê ander amptenare is intussen na ander poste oorgeplaas terwyl probleme in die medisyneverskaffingsketting ondersoek word. Nandi-Ndaitwah bevraagteken waarom…
Die IPC doen 'n beroep op 'n onafhanklike ondersoek na August 26 Holdings midde kommer oor die maatskappy se brandstofverkrygingsreëlings, asook die invoer van drie gepantserde voertuie. Die IPC se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, eis duidelikheid oor die beweerde teenstrydige verklarings oor die gepantserde voertuie, insluitend hul eienaarskap, aankoopkoste, finansiering en…
Bek-en-klouseer het die potensiaal om boerderybedrywe, werksgeleenthede en lewensbestaan te vernietig. Dit is die waarskuwing van die Presidensiële Taakspan vir Ekonomiese Herstel en Transformasie, wat vra vir dringende samewerking tussen die regering en die veebedryf om uitvoermarkte te heropen, boere te beskerm en te voorkom dat die uitbreking in ’n…
Die Suid-Afrikaanse regering het na verlede week se plaaslike regering-verkiesing nuutverkose raadslede aangemoedig om gemeenskappe met integriteit, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te dien. Die regering het Suid-Afrikaners gelukgewens met hul deelname aan die verkiesing, en die Verkiesingskommissie, die polisie en ander belanghebbendes geprys nadat hulle verseker het die verkiesing het veilig,…
Swapo se Zambezi-streekkoördineerder, Linken Chibozu, het Swapo se Vroueraad aangespoor om sy strukture te versterk, eenheid te bevorder en jong vroue vir toekomstige leierskap te mentor. Chibozu het by die raad se streekkonferensie gepraat en die behoefte aan gedissiplineerde lede wat gereed is om te dien en te mobiliseer, beklemtoon.
Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die…
Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir…
Namibia Dairies het 54,5 miljoen Namibiese dollar in nuwe toerusting belê om melkproduksie te verbeter. Die maatskappy het ’n moderne vul-lyn in gebruik geneem wat toerusting vervang wat reeds meer as 15 jaar in bedryf was. Die nuwe tegnologie kan tot 8 000 verpakkings per uur vul, terwyl dit na…
Gemeenskappe moet nie later krokodiltrane huil as hulle steeds weier om deel van gesprekke oor die gesamentlike ooreenkoms met Duitsland oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord te wees nie. Só sê opperhoof Hoze Riruako, leier van een van twee OvaHerero-faksies wat steeds in ‘n regstryd om erkenning gewikkel is. Volgens hom…
Verdere stygings in voedselpryse kan in die komende maande verwag word namate hoër brandstof- en vervoerkoste die ekonomie insypel, asook die verwagte El Niño. Standard Bank Namibië se ekonoom, Helena Mboti, sê vervoerkoste het die grootste bydraer tot die land se inflasiekoers geword. Dit wek kommer dat noodsaaklike voedsel en…
Die Jagluiperd-bewaringsfonds nooi Namibiërs en toeriste om op Saterdag 5 Desember Internasionale Jagluiperd-dag by sy sentrum buite Otjiwarongo te kom vier. Die organisasie se stigter en uitvoerende direkteur, dr. Laurie Marker, sê die geleentheid gaan oor meer as net die feestelikhede en is daarop gemik om bewustheid oor jagluiperdbewaring te…
Namibië is op soek na alternatiewe uitvoermarkte vir sy vleis- en veeprodukte nadat belangrike markte hul invoer opgeskort het weens die bek-en-klouseer-uitbreking. Desmond Cloete, bemarkingsbestuurder van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad, sê die land ondersoek markte wat bereid is om vleis onder die huidige bek-en-klouseerstatus te aanvaar. Hy het gepraat op…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, erken swak kommunikasie oor ekonomiese kwessies en sy streng immigrasie-beleid het 'n invloed gehad op sy Republikeinse Party se nederlaag in die mediumtermyn-verkiesing. Die party het beheer van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat aan die Demokrate afgestaan. Trump het tydens sy eerste onderhoud…
Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die regering is bewus van die publiek se oproepe vir meer hospitale, maar sê dat sulke groot projekte nie oornag verwesenlik kan word nie. Sy sê die ministerie hoor die publiek se kommer en werk daaraan om gesondheidsdienste te verbeter terwyl planne vir nuwe hospitale voortgaan…
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle moet verbeter voor volgende naweek se kragmetings met Frankryk en daarna Ierland, al het hulle Italië 66-7 verneder in die eerste ronde van die Nasieskampioenskap se noordelike reeks. Suid-Afrika was rustyd 45-0 voor na ses drieë, maar het in die tweede helfte rustiger…
Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
9 Nov 5AM
1 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.