Amerika se visepresident JD Vance is op pad na Islamabad in Pakistan om verdere onderhandelings met Iran te lei. Intussen is die herrie los oor presies watter tienpunt-plan president Donald Trump gesê het is werkbaar want Iran het die maksimum gevra en die Withuis maak ommekeer. Maar Iran is ook…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se uitkyk op internasionale betrekkinge is gegrond op die waardes van sy Grondwet, insluitend menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Hy het die hooftoespraak gelewer tydens die geloofsbriewe-seremonie by die Sefako Makgatho Presidensiële Gastehuis in Pretoria. Ramaphosa het gesê as 'n nasie wat uit 'n pynlike verlede…
Amperra Charging Company, 'n Namibiese elektriese voertuig-beginonderneming, is gekies as een van die 10 Afrika-beginondernemings vir die 2026 Qualcomm Make in Africa Startup Mentorship Program. Hierdie keuse is gemaak uit 'n poel van meer as 1 200 aansoeke van 45 Afrika-lande, ontwerp om vroeëfase Afrika-beginondernemings te ondersteun wat fokus op…
Wedstryde van die laaste jaar van die drie-jaar Krieket Wêreldbeker Liga Twee is tans aan die gang by die FNB nasionale krieketgronde in Windhoek. Oman het Skotland Woensdag met 12 lopies geklop, terwyl Namibië môre-oggend om half-tien teen Oman te staan kom. Van die wedstryde was deur reën ontwrig maar…
Die president het in haar staatsrede gesê dat die regering en Duitsland se gesamentlike verklaring oor die Ovaherero- en Nama-volksmoord hersien is en in die parlement ter tafel gelê sal word voor ondertekening. Die betrokke gemeenskappe kla al lank dat hulle nie geken is in die gesprekke nie, en sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.