'Trump het nie oorlog met Iran begin nie, maar sal dit klaarmaak'

Loading player...
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê Amerika en Israel se gesamentlike aanvalle in Iran sal nie ontaard in ’n uitgerekte streekskonflik nie. Hy sê Operasie Epic Fury fokus daarop om Iranse verdedigingsmissiele te vernietig, om missielvervaardiging te keer, hul vloot en ander veiligheidsinfrastruktuur te verwoes en seker te maak dat die land nooit kernwapens het nie. Hegseth sê president Donald Trump het nie die oorlog met Iran begin nie, maar sal dit voltooi:
3 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vance op pad na Islamabad vir onderhandelinge

Amerika se visepresident JD Vance is op pad na Islamabad in Pakistan om verdere onderhandelings met Iran te lei. Intussen is die herrie los oor presies watter tienpunt-plan president Donald Trump gesê het is werkbaar want Iran het die maksimum gevra en die Withuis maak ommekeer. Maar Iran is ook…
9 Apr 1AM 1 min

SA soek regverdige en billike wêreldorde

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se uitkyk op internasionale betrekkinge is gegrond op die waardes van sy Grondwet, insluitend menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Hy het die hooftoespraak gelewer tydens die geloofsbriewe-seremonie by die Sefako Makgatho Presidensiële Gastehuis in Pretoria. Ramaphosa het gesê as 'n nasie wat uit 'n pynlike verlede…
9 Apr 1AM 1 min

Namibiese beginonderneming blink uit

Amperra Charging Company, 'n Namibiese elektriese voertuig-beginonderneming, is gekies as een van die 10 Afrika-beginondernemings vir die 2026 Qualcomm Make in Africa Startup Mentorship Program. Hierdie keuse is gemaak uit 'n poel van meer as 1 200 aansoeke van 45 Afrika-lande, ontwerp om vroeëfase Afrika-beginondernemings te ondersteun wat fokus op…
9 Apr 1AM 1 min

Muller gesels oor Liga 2-wedstryde

Wedstryde van die laaste jaar van die drie-jaar Krieket Wêreldbeker Liga Twee is tans aan die gang by die FNB nasionale krieketgronde in Windhoek. Oman het Skotland Woensdag met 12 lopies geklop, terwyl Namibië môre-oggend om half-tien teen Oman te staan kom. Van die wedstryde was deur reën ontwrig maar…
9 Apr 1AM 1 min

Reaksie op hersiening van volksmoord-ooreenkoms

Die president het in haar staatsrede gesê dat die regering en Duitsland se gesamentlike verklaring oor die Ovaherero- en Nama-volksmoord hersien is en in die parlement ter tafel gelê sal word voor ondertekening. Die betrokke gemeenskappe kla al lank dat hulle nie geken is in die gesprekke nie, en sê…
9 Apr 12AM 1 min