Die Staatsdienskommissie stel voor dat Suid-Afrika die 14-dae-tydperk vir die samestelling van munisipale rade ná die plaaslikeregeringsverkiesing moet hersien. Ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, moet munisipale bestuurders die eerste vergadering van 'n nuwe raad binne 14 dae ná die amptelike aankondiging van die uitslae belê. Die kommissie…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen ’n beroep op ingenieurs om Namibië se vaardigheidstekort aan te pak. Tydens die eerste Namibia Engineering Excellence Awards het sy gesê slegs 1 400 van die land se 3 500 geregistreerde ingenieurs praktiseer tans, teenoor ’n teiken van 5 000 teen 2030. Sy doen ’n beroep…
NAVO: Samesprekings oor Oekraïne se veiligheidswaarborge afgehandel NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, het hoop uitgespreek dat die jongste diplomatieke pogings tussen Oekraïne en Rusland ʼn suksesvolle uitkoms sal hê. Die Amerikaanse gesante, Jared Kushner en Steve Witkoff, het verlede week in Dublin met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, en Rusland…
African Congress for Transformation gereed om oor koalisies te onderhandel Die African Congress for Transformation sê hy is oop vir koalisie-onderhandelinge met enige politieke party, mits dienslewering die prioriteit bly. ACT het raadslede in die Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Dit volg na die plaaslikeregeringsverkiesing, waar meer as 130 rade…
Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het 'n ondersoek begin nadat 'n video, wat wys hoe 'n verkeersbeampte omkoopgeld van 'n motoris aanvaar, op sosiale media versprei is. Die woordvoerder, Ofentse Morwane, sê voorlopige ondersoeke dui aan die beampte, verbonde aan die snelwegpatrollie-eenheid, is tans met kraamverlof. Hy sê die departement…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.