African Congress for Transformation gereed om oor koalisies te onderhandel
Loading player...
African Congress for Transformation gereed om oor koalisies te onderhandel
Die African Congress for Transformation sê hy is oop vir koalisie-onderhandelinge met enige politieke party, mits dienslewering die prioriteit bly. ACT het raadslede in die Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Dit volg na die plaaslikeregeringsverkiesing, waar meer as 130 rade sonder 'n algehele meerderheid is. Die sekretaris-generaal van ACT, Ntandokazi Ngoma-Mbutuma het aan die SABC gesê die party verwelkom uitnodigings om moontlike vennootskappe te bespreek in munisipaliteite waar hy verteenwoordig is.