
Steenkamp waarsku: Privaatskole kan gederegistreer word oor rassisme
Loading player...
Onderwysminister Sanet Steenkamp waarsku dat privaatskole nie bo die wet verhewe is nie en gederegistreer kan word indien bewyse van rassediskriminasie gevind word. Steenkamp se waarskuwing volg nadat die AR-LP George Kambala gevra het dat die Deutsche Höhere Privatschule en Afrikaanse Privaatskool gesluit word ná beweerde onlangse rassistiese voorvalle. Steenkamp sê enige regstappe teen die skole moet op gevestigde feite en behoorlike regsprosesse berus. Die ministerie hou albei skole dop om te verseker dat hul ondernemings oor diversiteit en inklusiwiteit in meetbare verandering omskep word.

