
Windhoek oorweeg waterbeperkings
Loading player...
Stad Windhoek oorweeg dit om as voorsorgmaatreël na Kategorie B van sy waterbestuursplan oor te skakel weens voorspelde ondergemiddelde reënval wat met komende El Niño-toestande verband hou. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê die stap sal vroeë waterbesparing aanmoedig voordat waterbronne onder ernstige druk kom. Hoewel die stadsraad nog nie ’n finale besluit geneem het nie, word inwoners intussen aangeraai om water spaarsamig te gebruik.

